Lank ge­le­de het Earl G­re­go­ry ’n droom ge­had. Dit was om een­dag be­kend en suk­ses­vol te wees. Dié droom het baie vin­ni­ger waar ge­word as wat hy ver­wag het. Deur

Teré­sa Coet­zee.

Beeld - - Profiel - ’n Kool­kop ’n dag . . .

kend,’’ sê hy. “My ou­ers was nie ryk men­se nie, maar hul­le het al­tyd al­les in hul ver­moë ge­doen om vir my en my jon­ger sus, Do­mi­ni­que, al­les te gee wat ons no­dig het. En hul­le het ons toe­ge­gooi met lief­de.’’

Ge­luk­kig is Earl se ta­lent gou ge­noeg raak­ge­sien en hy het al in sy eer­ste jaar ’n he­le paar stu­die­beur­se ge­kry. In sy twee­de jaar het hy by Da­wn Lind­berg (van die des­tyd­se folk­groep Des en Da­wn Lind­berg) ’n beurs los­ge­slaan om­dat sy ook Earl se ta­lent ge­sien het.

“En om­dat ek ’n beurs­hou­er Al lyk hy kom­pleet nog net soos die jong man van des­tyds, ver­tel Earl dat hy be­slis oor die ja­re baie ver­an­der het.

“Die ver­maak­lik­heids­be­dryf is maar ’n on­ge­naak­ba­re wê­reld om in te werk. Van­dag is jy daar bo, mô­re is jy heel on­der.

“Een van die din­ge waar­mee ek baie gou ken­nis ge­maak het, was ver­wer­ping. Of al­tans, aan­vank­lik het ek dit as ver­wer­ping er­vaar wan­neer ek nie vir ’n rol ge­kies is nie.

“Nou weet ek da­rem dit gaan nie al­tyd net oor my nie, dik­wels was ek een­vou­dig net nie reg vir ’n spe­si­fie­ke rol nie,” sê Earl.

Hy ver­tel dat hy ge­neig is om maar swart­gal­lig en de­pres­sief te raak oor werk, en daar­om maak hy ’n punt daar­van om sog­gens wan­neer hy wak­ker word vir hom po­si­tie­we man­tras op te sê om sy kop reg in te stel vir die dag.

“Ek sê vir my­self ek is uit­ste­kend in wat ek doen en nie­mand kan dit van my weg­vat nie. En reg­tig, dit werk!” sê hy.

Daar in die Pie­ter Toe­rien-te­a­ter waar hy die rol van Jo­seph ver­tolk, slaan hy let­ter­lik a­sems weg wan­neer hy sy per­fek­te lyf rit­mies be­gin be­weeg op die maat van die mu­siek. Hy is ’n baie goeie dan­ser son­der ’n ons vet aan sy lyf. Sy le­ni­ge lyf is ge­spierd en soe­pel.

“Ek het ’n jaar en ’n half die wê­reld vol ge­toer vir die pro­duk­sie Cats en dit was ge­wel­dig veel­ei­send op my lyf. Daar het ek die dis­si­pli­ne ge­leer om be­hoor­lik na my lig­gaam te kyk, juis om­dat ’n mens nie kan be­kos­tig om siek te word nie. Ek het be­gin kyk wat ek eet en na­tuur­lik was die oe­fe­ning op die stel goed vir my.

“Ek was mal oor Suid-Ko­rea en sal e­ni­ge dag te­rug­gaan soon­toe. Die men­se daar is hulp­vaar­dig en ne­de­rig en be­dag­saam. Ons Suid-A­fri­ka­ners kan so baie daar by hul­le leer.

“Ek was om­trent die e­nig­ste een op die stel wat van die Ko­re­aan­se kool kon eet – dit is ’n ge­reg met ’n baie skerp reuk en hul­le glo dit is ’n won­der­kuur vir al­les.

“Ek het baie daar­van ge­ëet en het nooit siek ge­word nie,” sê hy met ’n glim­lag.

Al het baie din­ge (on­der meer sy CV) in­tus­sen ver­an­der, is Earl steeds die vrien­de­li­ke, toe­gank­li­ke ou­tjie soos toe ek hom 11 jaar ge­le­de leer ken het.

Sy mooi A­fri­kaans van des­tyds het in­tus­sen bie­tjie ver­roes, maar dit keer hom ge­luk­kig nie om steeds soms ’n A­fri­kaan­se sin in ons ge­sprek in te gooi nie.

) Jo­seph and the A­ma­zing Techni­co­lor D­re­am­co­at is tot 7 Au­gus­tus in die Pie­ter Toe­rien­te­a­ter by Mon­te­ca­si­no te sien. Ver­to­nings vind plaas Woens­dae tot Vry­dae om 20:00, Sa­ter­dag om 14:00, 17:00 en 20:00 en Son­dae om 14:30 en 17:30. Kaar­tjie­pry­se wis­sel tus­sen R350, R250, R150 en R100 en daar is af­slag vir groe­pe be­skik­baar. (Bel Ge­ral­di­ne by 011 511 1988.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.