Op die rooi ta­pyt

Beeld - - Flieks -

Fo­to’s: B­REN­DAN CROFT Tal­le be­ken­des was on­langs by die o­pe­nings­aand van Uit­vlucht te sien en ná af­loop van dié nu­we A­fri­kaan­se fliek was al­mal dit eens dat Re­gardt van den Bergh hom­self met hier­die een oor­tref het.

Re­gardt het ag­ter­na self ver- tel dat hy ge­wel­dig trots was aan die ein­de van die fliek.

“Toe ek en Cla­ra in die te­a­ter sit en kyk na Uit­vlucht, was my hart oor­wel­dig met ’n ge­voel van op­win­ding. Ek kon nie wag om die re­ak­sie van die ge­hoor te er­vaar nie.”

Ber­tha le Roux was in haar nop­pies. “Uit­vlucht is ’n prag­ti­ge, siel­vol­le rol­prent. Ek het baie uit­ge­sien daar­na en is glad nie te­leur­ge­stel nie.

“Cla­ra en S­ti­an se spel het my op ’n reis ge­neem wat my net weer laat be­sef het dit maak nie saak of jou vlerk ge­breek is in jou oë nie – God tie­kie­draai steeds oor jou!

“Ek moe­dig al­mal aan wat deur ’n moei­li­ke tyd gaan om hier­die in­spi­re­ren­de fliek van “uit­vlucht”, vre­de en vry­heid te gaan kyk!”

So­ri­na “die Flooze” Eras­mus het ge­sê dit was vir haar ’n puik, eer­li­ke fliek wat die hart warm laat klop van lief­de, met eg­te, ge­loof­waar­di­ge ka­rak­ters en ’n baie mooi sto­rie.

“Ek sal dit be­slis aan­be­veel,” sê sy.

Die ak­tri­se Ber­tha le Roux het soos ge­woon­lik ge­skit­ter.

So­ri­na Eras­mus, ook be­kend as “die Flooze”, saam met haar man, Braam Rie­kert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.