Knap kin­kel he­laas té min, té laat

Beeld - - Flieks - Paul Boek­kooi C­har­lie (Ter­ren­ce Jen­kins) en Eva (Cas­sie Ven­tu­ra) in The Per­fect Ma­tch. Met o.a. Ter­ren­ce Jen­kins, Cas­sie Ven­tu­ra, Pau­la Pat­ton, Ka­li Ha­wk. Re­gie: Bil­le Wood­ruff. 96 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 13DTS.

Per­fek­te pas­klaar-le­wens­maats staan in ons tyd skaars vir jou en wag. Sou jy ie­mand raak­sien wat aan so ’n droom vol­doen, durf daar nie ge­talm word nie. Die jag­sei­soen is oop en die ob­jek van jou be­geer­tes moet met oor­tui­gings­krag oor­win word.

The Per­fect Ma­tch is ’n rom­kom wat skaars e­nig­ie­mand iets sal kan leer oor die kuns van “aan­lê”.

Die re­de is een­vou­dig: die hoof­ka­rak­ter, C­har­lie (Ter­ren­ce Jen­kins), is ’n suk­ses­vol­le a­gent in Hol­ly­wood, maak naam met sy ver­stom­men­de fo­to’s van hoof­saak­lik mo­del­le en glo, wat die lief­de be­tref, slegs aan een­nag­af­spra­ke. Moe­nie glo dat, soos die En­gel­se uit­druk­king “one nig­ht stand” sou kon voor­gee, daar deu­ren­tyd ge­staan word tot­dat die son op­kom nie.

C­har­lie is ’n pie­re­waai­er dui­send en elk­een van die vroue wat hy uit­neem, dink sy is dié een. Sy vrien­de wat nor­ma­le le­wens lei, be­ny hom eint­lik en pro­beer hom om­praat om dié ge­woon­te min­stens vir ’n maand te los tot­dat twee van hul­le, Vic­tor en Gin­ger, trou.

C­har­lie laat toe dat die smeu­len­de, iet­wat meer ge­heim­sin­ni­ge Eva (Cas­sie Ven­tu­ra) deel word van die oor­een­koms waar­op hy en sy vrien­de be­sluit het. Sy hou haar­self baie ge­re­ser­veerd oor die tyd­perk van we­ke en C­har­lie voel on­ge­mak­lik oor die si­tu­a­sie. Hy kan nie glo dat hy, ná al­les, iets vir dié vrou be­gin voel nie...

Ti­pies van Hol­ly­wood is dié fliek be­saai met min­de­re ka­rak­ters wat skaars e­nig­iets by­dra tot die ge­heel.

C­har­lie se sus­ter, die siel­kun­di­ge S­her­ry (Pau­la Pat­ton), se mond bor­rel oor van “wys­he­de” oor hoe hier­die si­tu­a­sie haar boe­tie ne­ga­tief sou kon be­ïn­vloed, as­ook tal­le an­der bla-bla-bla-oom­blik­ke.

Dat ’n an­der paar­tjie in C­har­lie-hul­le se vrien­de­kring, Rick en P­res­sie, so suk­kel om ’n kind te ver­wek, word in de­tail op ge­ha­mer en met­ter­tyd word dit ook baie ver­ve­lig. Ky­kers word sel­de e­nig­sins die­per bin­ne die op­per­vlak­ki­ge ge­neul in­ge­trek.

Bil­le Wood­ruff se fliek lyk mooi en kli­nies is al­les daar, maar die deur­snee-ky­ker sal werk­lik maar min em­pa­tie hê met men­se wat so ui­ters de­mon­stra­tief na bui­te le­we, ter­wyl hul­le in­ner­lik maar taam­lik leeg is en so bly.

’n Baie knap kin­kel in die sto­rie laat jou na­by die ein­de we­lis­waar reg­op sit, maar dit is ’n ge­val van te min, te laat.

’n Eien­aar­di­ge ver­skyn­sel van The Per­fect Ma­tch is ook dat dit eers in sy twee­de helf­te werk­lik op koers kom. Dit is we­lis­waar ’n ver­lig­ting, want in die eer­ste drie­kwar­tier het dit ge­lyk as­of die ge­heel ka­ta­stro­faal sou kon wees. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.