Kwaai vo­ëls aan­stoot­lik ag­gres­sief

Beeld - - Flieks - Her­man La­te­gan Met die stem­me van Ja­son Sudei­kis en Se­an Penn. Re­gie: Clay Kay­tis en Fer­gl Reil­ly. 97 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: OL

Die loop­vo­ëls in hier­die rol­prent is aak­lig en veg­lus­tig. Die he­le ge­voels­wê­reld wat dit skep, is een van weer­sin­wek­ken­de bor­re­len­de hi­per­man­li­ke tes­tos­te­roon. Dit lek soos gif by die sil­wer­doek uit.

Die lui­de, op­per­vlak­ki­ge en on­ge­nu­an­seer­de ge­blaf is wal­gings­wek­kend. Die don­ker at­mos­feer voel soos ’n ver­keers­knoop op ’n warm dag in Suid-A­fri­ka.

Jy sit swe­tend en swet­send in jou mo­tor met toe ven­sters son­der lug­ver­koe­ling. Daar is ’n on­be­heers­te kol­lek­tie­we pad­woe­de wat al­mal om jou laat vloek, raas en vin­gers wys ter­wyl hul­le ver­by jou jaag.

Die lug is dik van swart rook en uit­laat­gas­se. ’n Mens se keel trek skoon toe. Al wat kort­kom is ’n paar ge­weer­sko­te, pan­gas en traan­gas.

Die vo­ëls wat nie kan vlieg nie se ei­land word be­dreig deur skyn­hei­li­ge var­ke wat hul ei­ers (kin­ders) wil kom steel. Dit kom hul­le eers la­ter ag­ter. Daar­na word die var­ke ag­ter­na­ge­sit.

Hier­die re­sen­sent is nie ’n po­li­ties kor­rek­te nool nie, maar as ’n mens die­per kyk, is daar meer as net sweem­pies van ’n on­der­lig­gen­de xe­no­fo­bie­se strek­king. Die lei­er van die var­ke het ook ’n ste­re­o­ti­pie­se net­jies be­snoei­de baard soos baie Mos­lem­mans. “S­tran­ge that, isn’t it?” soos Bet­te Da­vis een­keer ge­vra het.

Praat van su­bli­mi­na­le goed­koop A­me­ri­kaan­se pro­pa­gan­da. Sies. )

Red Bi­rd sien ge­reeld die spreek­woor­de­li­ke rooi in The An­gry Bi­rds Mo­vie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.