Con­rad ont­waak, en waar is Brad­ley?

Beeld - - Televisie & Musiek - Ma­ret­ta Bel­lin­gan Ja­ke M­cDor­man speel die rol van B­ri­an Finch in die reeks Li­mit­less.

C­ri­mi­nal Minds. CSI. S­ha­des of Blue. NCIS. Blue B­loods. Daar is am­per so­veel mis­daad­reek­se op te­le­vi­sie as wat daar ka­lo­rieë in ’n koek­sis­ter is. En el­ke week is daar ’n nu­we een.

In ’n sta­di­um sou geen ak­teur wat in groot Hol­ly­wood-pren­te speel, hul­self ver­wer­dig om in ’n TV-reeks ge­sig te wys nie, maar in True De­tecti­ve, een van die bes­te mis­daad­reek­se wat in ’n lang tyd op die kas­sie ver­toon is, ver­hang die Hol­ly­wood-ster­re Mat­thew M­cCo­naug­hey en Woody Har­rel­son die bord­jies.

Toe ek sien dat ’n nu­we mis­daad­reeks Li­mit­less op Don­der­dag­aan­de op ka­naal 101 ver­toon word, is ek hui­we­rig, want dis in die­self­de tyd­gleuf as Bin­ne­lan­ders. En in daai aand se e­pi­so­de gaan Con­rad (Hy­kie Berg) sy be­wus­syn her­win na­dat hy in die kop ge­skiet is.

Maar dan merk ek dat die blou­oog-har­te­bre­ker Brad­ley Cooper, nóg ’n A-klas-ak­teur, in die reeks speel, en ge­luk­kig is daar saans om half­twaalf ’n her­uit­sen­ding van Bin­ne­lan­ders.

Li­mit­less is ge­grond op die ge­lyk­na­mi­ge rol­prent wat ’n paar jaar ge­le­de uit­ge­reik is en han­del oor ’n jong man wat bo­mens­li­ke krag­te het. Ek het nie die rol­prent ge­sien nie, maar waar Brad­ley loop, daar volg ek.

B­ri­an Finch (nie Brad­ley nie) is ’n jong man wat nie rig­ting kan kry in die le­we nie. Eint­lik wil hy ’n pop­ster wees, maar eint­lik ook nie. Hy doen los wer­kies om te oor­leef en loop ’n ou vriend raak wat hom ’n pil­le­tjie aan­bied met die be­lof­te dat dit sy le­we sal ver­an­der.

B­ri­an is hui­we­rig, want hy is ’n or­dent­li­ke ou, maar sy vriend (ook nie Brad­ley nie) oor­tuig hom dat dit nie ge­vaar­lik is nie. B­ri­an sluk en mi­nu­te la­ter is hy die slim­ste mens in die wê­reld. Hy kan e­ni­ge pro­bleem op­los, want dank­sy die pil, NZT, het hy toe­gang tot elk­een van sy brein­sel­le.

In een nag be­stu­deer hy sy dok­ter-broer se me­die­se boe­ke en di­ag­no­seer sy pa wat lank siek is. Die fa­mi­lie is ver­stom dat die swart­skaap skie­lik so knap is, maar sy pa het ’n le­wer no­dig en dank­sy su­per-B­ri­an, word dit ook ’n werk­lik­heid.

Maar die pil werk slegs ’n se­ke­re aan­tal ure en toe hy by sy ou vriend aan­klop, be­gin die moei­lik­heid. Die vriend is ver­moor en die FBI ver­moed B­ri­an is ver­ant­woor­de­lik, maar hy’s glib­be­ri­ger as Su­per­man op ste­ro­ïe­de en slaan op die vlug.

Steeds geen te­ken van Brad­ley Cooper nie. Teen hier­die tyd oor­weeg ek dit erns­tig om oor te ska­kel na Bin­ne­lan­ders.

B­ri­an vind in­tus­sen uit dat twee van sy vriend se kol­le­gas ook die pil ge­bruik het, maar nóg een word ver­moor en nom­mer drie, ook nie Brad­ley Cooper nie, blyk die skul­di­ge te wees.

Mis­kien be­hoort Li­mit­less ’n nu­we ti­tel te kry, dalk Fin­ding Brad­ley, want half­pad deur die eer­ste e­pi­so­de skit­ter hy steeds in sy af­we­sig­heid.

In­tus­sen is B­ri­an in die been ge­skiet, ver­loor sy be­wus­syn ter­wyl hy die wond skoon­maak en word wak­ker met sy arm aan ’n bed vas­ge­boei. En raai in wie se koue blou oë hy vas­kyk? Uit-blêd­di­e­ein­de­lik, Brad­ley Cooper.

Cooper is al­ler­mins die sjar­man­te, cool du­de wat hy meest­al speel. Hy is ’n koue, be­re­ken­de ka­rak­ter wat toe­gang het tot ’n mid­del wat B­ri­an teen die er­ge ne­we-ef­fek­te van die pil kan be­skerm. Maar hy het ’n duis­te­re a­gen­da.

In die daar­op­vol­gen­de e­pi­so­de werk B­ri­an vir die CIA wat hom vir hul eie doel­ein­des wil ge­bruik. En Brad­ley? Hy’t meer as ’n pil no­dig om oor­tui­gend boos te lyk.

Ri­chard S­tir­ton van #Te­amK­han.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.