Dis nou of nooit vir ‘The Voi­ce SA’

Beeld - - Televisie & Musiek - Teré­sa Coet­zee

Die eer­ste sei­soen van The Voi­ce SA staan nou ein­de se kant toe en tyd om vir jou guns­te­lingstem te stem, raak baie min. Die af­ge­lo­pe Son­dag het die vier af­rig­ters vir die heel laas­te keer een van die deel­ne­mers “ge­red” en dit was ook die laas­te keer dat hul­le in­sae kon hê in die lot van die deel­ne­mers.

Die vier deel­ne­mers wat be­slis gaan deur­dring tot die half­eind­ron­de, is #Te­amK­han se Ri­chard S­tir­ton (22), #Te­amKa­ren se T­hem­be­ka Mn­gu­ni (32), #Te­amBob­by se Ga­vin Ed­wards (37) en #Te­amLi­ra se Zoë Mo­di­ga (21).

Ná Son­dag se e­pi­so­de gaan net agt deel­ne­mers oor­bly en vol­gen­de week stem die pu- bliek vir die al­ge­he­le wen­ner.

Op Son­dag 22 Mei word die wen­ner van van­jaar se The Voi­ce SA aan­ge­kon­dig en dit is ook die laas­te e­pi­so­de van die eer­ste reeks van The Voi­ce SA.

Vol­gens La­ni Lombard, pu­bli­si­teits­be­stuur­der van M-Net, is die pro­gram ’n reu­se­suk­ses en het dit al­mal se stout­ste ver­wag­tin­ge oor­tref.

“Se­dert die heel eer­ste e­pi­so­de is ons oor­wel­dig deur po­si­tie­we kom­men­taar van ky­kers oor die ge­hal­te van die on­ge­loof­li­ke ta­lent op die ver­hoog. Die ky­ker­tal­le en stem­me groei week ná week en is tans die twee­de ge­wild­ste pro­gram op M-Net 101, naas Car­te Blan­che, wat al ja­re lank die top­po­si­sie be­klee.

“Dis ook won­der­lik om te weet dat ’n groot ver­skei­den­heid Suid-A­fri­ka­ners ver­sot is op dié u­nie­ke sang­kom­pe­ti­sie en dat die pro­gram die loop­ba­ne van ’n he­le klomp san­gers ’n hup­stoot­jie gaan gee.”

Of The Voi­ce SA be­ter doen as I­dols SA, sê La­ni:

“The Voi­ce SA en I­dols SA is twee uit­een­lo­pen­de pro­gram­me. Ky­kers stem oor ’n veel lan­ger tyd­perk vir I­dols- deel­ne­mers en mens stem nie el­ke week vir al die san­gers in The Voi­ce SA nie. Daar­be­ne­wens is I­dols SA tot nou toe ter­self­der­tyd op Son­dae op twee ka­na­le, M-Net en M­zan­si Ma­gic, uit­ge­saai ter­wyl The Voi­ce SA op Son­dae net op M-Net 101 is.

“Dit het na­tuur­lik ’n in­vloed op die aan­tal stem­me per week. Maar ons is in ons nop­pies met die stem­me wat die san­gers week­liks in­sa­mel. Hul­le het in ’n baie kort tyd­jie ’n groot groep aan­han­gers ge­werf.”

T­hem­be­ka Mn­gu­ni van #Te­amKa­ren.

Zoë Mo­di­ga van #Te­amLi­ra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.