Fees bring I­ta­lië na Jo­han­nes­bur­gers se voor­stoep

Beeld - - Dagboek - Teré­sa Coet­zee The Farm Nur­se­ry het nie net o­lyf­boom­pies ver­koop nie, maar ook tal­le ek­so­tie­se o­lyf­pro­duk­te.

Die af­ge­lo­pe na­week het al­les met ’n I­ta­li­aan­se geur die straat­jies en ste­gies van Mon­te­ca­si­no in Four­ways ge­vul en be­soe­kers is weer eens her­in­ner hoe baie I­ta­lië het om te bied – of dit nou kuns, kos, mo­tors of mo­de is.

Daar was iets vir al­mal om te ge­niet. Bui­te op die Pi­az­za kon be­soe­kers aan die eg I­ta­li­aan­se bier Pe­ro­ni teug ter­wyl hul­le na bui­te­lug­flieks soos The I­ta­li­an Job (met ons eie C­har­li­ze T­heron in) kon kyk.

By The Farm Nur­se­ry Al­la I­ta­lia-stal­le­tjie kon be­soe­kers o­lyf­boom­pies en al­ler­lei ek­so­tie­se o­lyf­pro­duk­te koop ter­wyl die I­ta­li­a­ners C­re­mo­na and Sons hul bes­te ek­so­tie­se ka­se uit­ge­stal en te koop aan­ge­bied het.

Ons word daag­liks, son­der dat ons dit al­tyd be­sef, om­ring deur eg I­ta­li­aan­se han­dels­na­me soos Il­ly (kof­fie), Dol­ce & Ga­ban­na, Du­ca­ti, Al­fa Ro­meo, Ver­sa­ce, Nu- Fo­to’s: TERÉ­SA COET­ZEE tel­la, Mar­ti­ni, Die­sel, Ma­se­ra­ti, Fi­at, Pi­rel­li, Guc­ci, Pra­da en C­hic­co. Baie van hier­die na­me is si­no­niem net styl en ge­hal­te.

Een van die hoog­te­pun­te van die fees was be­slis die Fer­ra­ri- uit­stal­ling waar 80 Fer­ra­ri-mo­del­le van oor die ja­re heen uit­ge­stal is.

Van boom­pie tot bot­tel . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.