Lui­perd ver­suip haar prooi

Jong wy­fie, bok­ram stoei 20 mi­nu­te

Beeld - - Front Page - Buks Vil­joen

As jy hon­ger is, kry jy iets om te eet, al moet jy jou maal­tyd in ’n wa­ter­gat ver­suip.

Dit is wat ’n jong lui­perd­wy­fie waar­skyn­lik ver­le­de Sa­ter- dag ge­dink het toe sy by die De­la­por­te-wa­ter­gat op die H1-1pad tus­sen S­ku­ku­za en P­re­to­ri­us­kop in die Kru­ger­wild­tuin op ’n rooi­bok­ram toe­ge­sak het.

Han­no Eras­mus van P­re­to­ria sê hy het by die dam­me­tjie aan­ge­kom oom­blik­ke na­dat die lui­perd die rooi­bok ge­ta­kel het.

“Men­se wat reeds daar was, het ver­tel die rooi­bok het langs ’n ka­meel­perd by die wa­ter­gat ge­staan en drink. Die lui­perd- wy­fie het uit die bos ge­kruip en die rooi­bok van ag­ter be­spring.”

Al­bei die­re het in die wa­ter ge­val. Eras­mus sê daar was so­wat 20 mi­nu­te ’n ge­stoei tus­sen die rooi­bok en die lui­perd.

“As die rooi­bok te hard be­gin ba­klei het, het die lui­perd met die bok in haar bek on­der die wa­ter ver­dwyn. As hul­le op­kom, het die lui­perd die rooi­bok aan die neus ge­byt om hom te ver­smoor.”

Die bok het la­ter ver­suip en die kar­kas het op die bo­dem van die wa­ter­gat ge­lê. “Dit was vir die jong lui­perd­wy­fie ’n groot ge­suk­kel om die groot kar­kas uit die wa­ter te sleep.”

In ’n sta­di­um het ’n o­li­fant uit die bos ge­kom en ge­trom­pet­ter toe hy die pe­tal­je ge­waar. “Die lui­perd het blyk­baar ge­skrik, van ie­wers af die krag ge­kry en die kar­kas uit die wa­ter en toe oor die sand tot in die bos­se ge­trek. ”

Nog fo­to’s bin­ne

’n Jong lui­perd­wy­fie het Sa­ter­dag ’n rooi­bok­ram van ag­ter be­kruip ter­wyl die bok wa­ter ge­drink het en die bok ver­suip.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.