E­ver­ton wys Mar­ti­nez die deur ná suk­kel­sei­soen

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie, BBC, The Gu­ar­di­an

Li­ver­pool. – Ro­ber­to Mar­ti­nez, die E­ver­ton­af­rig­ter, is ná drie jaar by dié klub die deur ge­wys.

Mar­ti­nez se s­pan, wat 12de op die P­re­mier­liga se pun­te­lys is, se s­pan het in al­bei sy laas­te wed­stry­de drie doe­le af­ge­staan. Lei­ces­ter, die nu­we En­gel­se kam­pi­oen, het E­ver­ton ver­le­de Sa­ter­dag met 3­1 ge­klop, maar dit was Woens­dag se ne­der­laag met 0­3 teen Sun­der­land wat die laas­te s­trooi was.

Die Tof­fees het van­jaar in die half­eind­ron­de van die FA Cup én Li­ga­be­ker ver­loor. Hul­le het slegs vyf li­ga­wed­stry­de tuis ge­wen en sal die sei­soen met hul laag­ste pun­te­to­taal by Goodi­son Park se­dert 1981 af­sluit.

Da­vid Uns­worth, E­ver­ton se o.21af­rig­ter, sal waar­skyn­lik die lei­sels hou wan­neer die Tof­fees hul P­re­mier­liga­veld­tog Son­dag op hul tuis­veld teen Nor­wich Ci­ty af­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.