Jan­tjies sal Blu­es pak

Cron­jé ver­vang De K­lerk op skrum­ska­kel

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – El­ton Jan­tjies is slag­ge­reed om Sa­ter­dag­aand sy plek as los­ska­kel vol te staan vir die Leeus in hul Su­per-rug­by­wed­stryd teen die Blu­es hier op El­lis­park. Hy het sy fiks­heids­toets ge­slaag na­dat hy sy knie be­seer het teen die Hur­ri­ca­nes. Vir Jo­han Ac­ker­mann en sy s­pan is dit ’n groot ver­lig­ting om hul voor­slag-los­ska­kel be­skik­baar te hê in ’n wed­stryd wat een­vou­dig ge­wen móét word. Jan­tjies het weer ’n nu­we ska­kel­maat in Ross Cron­jé, wat Faf de K­lerk ver­vang. Dit is een van vier ver­an­de­rin­ge aan die s­pan wat slae ge­kry het teen die ’Ca­nes. Ho­ward M­ni­si maak plek op sen­ter vir Ro­han Jan­se van Rens­burg. Ju­li­an Re­de­ling­huys is ook weer fiks is ná sy pols­ge­wrig­be­se­ring. Hy ver­vang Pie­ter S­choltz as vas­kop­stut. Mal­colm Marx het ook her­stel van die nek­be­se­ring wat hom uit die laas­te twee wed­stry­de ge­hou het. Hy neem by Ak­ker van der Mer­we oor as ha­ker. Daar is ook ’n nu­we ge­sig op die plaas­ver­van­gers­bank in die eer­tyd­se Lui­perd, Syl­vi­an Ma­hu­za, wat JW Bell ver­vang.

Van die skrum­ska­kel-skuif het Ac­ker­mann ge­sê Cron­jé is sterk op die ver­de­di­ging en bring ook kalm­te met sy spel.

“Faf kan weer vol plof­krag wees as hy van­af die plaas­ver­van­gers­bank ge­bruik word.

Syl­vi­an het ook in van ons oe­fe­nin­ge goeie din­ge ge­doen.

“Hy kan ’n ster van die toe­koms wees en wan­neer die spe­lers be­gin moeg raak, kan sy vaart van­af die plaas­ver­van­gers­bank ’n groot ba­te wees,” glo Ac­ker­mann.

Hy het ook ont­hul dat Mar­tin Mul­ler sy kans as slot in die plek van An­dries Fer­rei­ra sou kry, maar dat hy gis­ter weens ’n kuit­be­se­ring ont­trek moes word.

“Hy het goed ge­speel in die laas­te twee Cur­rie­be­ker-wed­stry­de en kon vir ons iets an­ders ge­bring het,” sê Ac­ker­mann.

“Dit was ’n lang twee we­ke om met die won­de te loop van die Hur­ri­ca­nes-wed­stryd.

“Ons het heel­wat self­on­der­soek ge­doen as ’n een­heid en ook as in­di­vi­due,” sê Ac­ker­mann.

“Daar is nou nie meer tyd om te gly nie.

“Ons het ses wed­stry­de oor en met die Haaie wat in ons nek­ke blaas, kan ons nie e­ni­ge glip­se be­kos­tig nie.

“Ons het nie meer die luuks­heid van ’n buf­fer nie na­dat ons teen die Hur­ri­ca­nes ver­loor het.

“Daar­die ne­der­laag is nou wa­ter on­der die brug en ons moet met nu­we y­wer kyk na wat voor­lê,” sê hy.

“Ons het hard ge­werk om die fou­te uit te stryk wat ons ge­kos het teen die Hur­ri­ca­nes.

“Ons moet ver­al reg­maak wat die af­breek­pun­te be­tref en daar meer ak­ku­raat wees.

“Ons moet ook kalm­te uit­straal en meer kon­ti­nu­ï­teit toon op die aan­val en ver­de­di­ging. Wan­neer ons be­sit het, moet ons dit baie be­ter be­skerm,” sê hy.

“Ons kan nie meer e­ni­ge ver­sko­nings aan­bied nie en moet drin­gend­heid te toon in al­les wat ons doen,” glo War­ren W­hi­te­ley, die kap­tein.

Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Ross Cron­jé sal mô­re in die Leeus se wed­stryd teen die Blu­es op El­lis­park in Jo­han­nes­burg as skrum­ska­kel be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.