My­ners juig oor klas­ak­sie

Sie­kes mag na hof oor die long­siek­te si­li­ko­se

Beeld - - Front Page - Tar­ren-­Lee Ha­bel­gaarn

‘Myn­maat­skap­pye sal nou weet dat myn­wer­kers nie speel­goed is nie. Ons is men­se en ons ver­dien ’n be­ter le­we.”

Dit was die woor­de van Hen­drick Mo­koe­na, ’n myn­wer­ker, na­dat die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg gis­ter in ’n uit- spraak wat as ’n myl­paal be­skou kan word, in die guns van myn­wer­kers be­slis het om ’n groeps­ge­ding oor die long­siek­te si­li­ko­se teen myn­maat­skap­pye aan­han­gig te maak.

Tu­ber­ku­lo­se is in 2007 by Mo­koe­na ge­di­ag­no­seer en hy is in 2009 deur sy werk­ge­wer af­ge­dank. Toe hy siek word, het die dok­ters aan hom ver­dui­de­lik dat hy nooit weer sou werk nie.

Dié pa van drie is die e­nig­ste brood­win­ner in sy fa­mi­lie en het nie ge­weet hoe hy die res van sy le­we vir sy fa­mi­lie sou sorg nie.

Hy het aan­vank­lik ’n uit­be­ta­ling van R87 000 weens on­ge­skikt­heid ont­vang, maar hy was nie daar­mee te­vre­de nie.

“Ek was 40 jaar oud en het ge­weet ek sou nie vir die res van my le­we op daai be­drag kon leef nie. Ek het nie eens geld ge­had om vir my kin­ders se stu­die te be­taal nie.

“Hier­die uit­spraak be­te­ken dat fa­mi­lies nie meer be­kom­merd hoef te wees nie. Al word ’n fa­mi­lie­lid siek of sterf, sal hul­le steeds vir hul fa­mi­lies kan sorg.”

So­lo­mon Hla­le­le, nog ’n myn­wer­ker, het in 1998 si­li­ko­se op­ge­doen en is se­dert­dien werk- loos.

“Ek kan nie wag om huis toe te gaan om vir die an­der myn­wer­kers te sê ek was hier en ek het self die be­slis­sing ge­hoor nie. So baie van ons vrien­de is deur die ja­re oor­le­de en die myn­maat­skap­py het niks vir hul­le ge­voel nie,” sê Hla­le­le.

“Hul fa­mi­lies sal ook nou be­ter kan rus.”

Die uit­spraak be­te­ken dié groeps­ge­ding is die groot­ste wat nóg in Suid-A­fri­ka toe­ge­laat is en dit gee aan hon­derd­dui­sen­de goud­myn­wer­kers en hul fa­mi­lies die ge­leent­heid om toe­gang tot ge­reg­tig­heid en reg­stel­ling te kry, be­rig Fin24.

“Daar is vol­doen­de ge­meen­skap­li­ke gron­de om ’n groeps­ge­ding te reg­ver­dig. Daar sal t­wee af­de­lings wees (vir si­li­ko­se en vir tu­ber­ku­lo­se),” het ad­junk-reg­ter-pre­si­dent P­hi­ne­as Mo­ja­pe­lo gis­ter in die hof ge­sê.

Bon­ga­ni N­ka­la en nog 55 het die groeps­ge­ding teen die Har­mo­ny-goud­myn­maat­skap­py en 31 an­der in­ge­dien.

C­har­les A­bra­hams, wat die myn­wer­kers se reg­span ge­lei het, sê die uit­spraak is ’n oor­win­ning vir al­le myn­wer­kers, maar is ook ’n oor­win­ning vir die hon­der­de wer­kers wat reeds aan long­siek­tes ge­sterf het.

“Ons werk al tien jaar saam met die myn­wer­kers aan hier­die saak en van­dag is ons har­de werk be­loon. Ons hoop dat dit ’n be­ter le­we vir al­le myn­wer­kers in die toe­koms sal s­kep, as­ook be­ter werk­om­stan­dig­he­de.”

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

’n Myn­wer­ker vier gis­ter die hof­be­slis­sing dat myn­wer­kers ’n groeps­ge­ding oor si­li­ko­se teen myn­maat­skap­pye aan­han­gig mag maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.