Ri­an weer knie­diep ná God­uit­spraak

Hy staan by stel­ling oor God en gays, sê hy

Beeld - - Front Page - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

’NGod wat men­se oor­deel oor hoe hul­le ge­bo­re is en as wie hul­le ge­bo­re is, “is nie werd om ge­dien te word nie”.

Dié stel­ling oor die ra­dio het die om­roe­per Ri­an van Heer­den by luis­te­raars in die moei­lik­heid.

Hy het die uit­la­ting ge­maak na aan­lei­ding van luis­te­raars se kri­tiek na­dat hy Woens­dag­og­gend op sy ont­byt­pro­gram The Com­pli­men­ta­ry B­re­ak­fast op Ja­ca­ran­da FM ge­praat het oor die land se eer­ste gay rug­by­span, die Jo­zi Cats.

Van Heer­den het gis­ter­og­gend ’n klank­greep van sy stel­ling op sy Fa­ce­book-blad ge­deel en ge­skryf: “Dit is wat ek op die lug ge­sê het. Ek staan by my stel­ling. Lu­kas 6:37.”

Hy het by na­vraag ge­sê hy vol­staan by dié kom­men­taar.

Na­dat hy die ne­ga­tie­we re­ak­sie op die Jo­zi Cats-sto­rie op die pro­gram se Fa­ce­book-blad ge­sien het, het hy ge­sê: “E­ni­ge God, en ek gee nie om of hy agt arms het en of hy ’n boom is nie; ek gee nie om wie jy aan­bid nie, e­ni­ge God wat men­se oor- deel oor hoe hul­le ge­bo­re is en oor wie hul­le ge­bo­re is, is nie werd om ge­dien te word nie.”

’n Sel­fie-vi­deo deur die luis­te­raar Jo­han F­re­de­rik Lee waar­op hy te vel­de trek teen Van Heer­den is reeds meer as 19 000 keer in so­si­a­le­me­di­a­fo­rums ge­deel.

Lee doen in die vi­deo, wat hy met ’n sel­f­ie­stok ge­maak het, ’n be­roep op Ja­ca­ran­da FM om on­mid­del­lik van Van Heer­den ont- slae te raak.

Lee sê: “Hy vat sy per­soon­li­ke is­su­es wat hy het oor sy sek­su­e­le o­ri­ën­ta­sie, wat hy aan al­mal wil af­smeer as aan­vaar­baar, en dan gaan spreek hy goed op ’n ra­di­o­sta­sie soos van­og­gend dat e­ni­ge God, of ’n god, wat nie gay men­se aan­vaar nie, is nie waar­dig om ge­dien te word nie.”

Dié vi­deo het ook by Van Heer­den se broer, Mar­do, uit­ge- kom. Mar­do het op Van Heer­den se Fa­ce­book-blad ge­skryf hy is trots om hom sy broer te noem.

“Jy vind dit nooit no­dig om jou­self te pro­beer ver­de­dig teen die o­pen­ba­re aan­slae nie,” het Mar­do ge­skryf.

Tal­le an­der luis­te­raars het Van Heer­den on­der­steun.

Die ak­teur en te­le­vi­sie­aan­bie­der Bou­wer Bosch het hom ook by Van Heer­den ge­skaar.

“Daar was meer jud­ge­ment in Jo­han F­re­de­rik Lee se sel­fie stick- vi­deo as in Ri­an van Heer­den se 15 se­kon­de lan­ge o­pi­nie oor gays en go­de,” het Bosch op Fa­ce­book ge­sê.

Dow­we Dol­la het ook haar steun vir Van Heer­den ge­twiet.

Fo­to: ALBERT BREDENHANN

Ri­an van Heer­den

‘Ek staan by Lu­kas 6:37’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.