Koos Kom­buis: An­ti­chris in jou slim­foon

Hy wil nie meer ’n slim­foon hê nie om­dat nu­we teg­no­lo­gie al­les in­ge­wik­keld en on­ver­staan­baar maak, skryf Koos Kom­buis.

Beeld - - Front Page -

Waar­om kan ons nie meer net deur die boe­kie op die ys­kas se deur blaai, iets uit­soek om te eet en die men­se bel nie?

So­wat t­wee jaar ge­le­de het ek ’n be­wus­te be­sluit ge­neem om nie ’n slim­foon te be­sit nie. Dit was nie om e­ni­ge be­gin­sel­re­des soos men­se wat ve­ge­ta­ri­ërs word nie. Dis ook nie om­dat ek, saam met sa­me­swe­rings­fa­na­ti­ci soos Da­vid Ic­ke, glo dat al hier­die nu­we teg­no­lo­gie die be­gin is van die An­ti­chris se wê­reld­re­ge­ring waar al­mal be­heer gaan word via af­stand­be­heer en in­ge­plan­te mi­krot­jips in hul voor­kop­pe en hand­palms nie.

Dit was bloot om­dat my laas­te slim­foon ’n wil van sy eie ge­had het en goe­ters ge­doen het wat ek nie van hom ge­vra het nie. As ek ie­wers heen ry in my kar, het hy som­mer self op die in­ter­net ge­gaan en my roe­te ge­kaart.

Selfs na­dat ek al die funk­sies af­ge­ska­kel het be­hal­we vir bel en kie­kies neem, het hy son­der my me­de­we­te da­ta af­ge­laai waar­van ek niks weet nie. Die ge­volg? My re­ke­nings aan die ein­de van die maand was on­be­taal­baar duur.

Sel­foon op­ge­veil

Ek het daar­die slim­foon laat op­veil by my kin­ders se skool se tom­bo­la, en te­rug­ge­keer na my k­lein ou No­ki­at­jie wat al die ja­re vir my ge­werk het son­der om e­ni­ge fên­sie truuks ag­ter my rug te doen.

Waar­om sal ek my s­teur aan slim­fo­ne? Ek ge­bruik nooit U­ber-taxi’s nie, ek het my eie kar. Ek wil nie op T­wit­ter gaan wan­neer ek op reis is nie, want dit sal ver­sla­wend raak. Ek hou nie van In­sta­gram nie, want fo­to’s is nie ver­on­der­stel om vier­kan­tig te wees nie.

So? Ek het mos my ou re­ke­naar in my stu­deer­ka­mer! Hy’s groot, hy’s vier­kan­tig, hy maak ’n sui­sen­de ge­raas en sy pro­gram­me is te oud om die nu­we weer­ga­we van Ja­va te ak­kom­mo­deer, maar so w­hat?

Wan­neer ek in my kan­toor in­stap en voor my ou sui­sen­de re­ke­naar gaan sit, voel ek soos ’n loods wat in sy stuur­ka­juit in­stap en ge­reed maak vir ’n trans-At­lan­tie­se vlug.

Dis ’n ge­voel wat werk vir my. Al die kon­tro­les is vir my be­kend. Ek voel in be­heer. Waar­om sal ek my­self op­saal en om­ring met al­ler­han­de pie­pen­de, ir­ri­te­ren­de k­lein ma­sjien­tjies in my baad­jie­sak­ke?

Do­wn­lo­ad eers ’n app

Al­les was goed en wel, en ek kon goed klaar­kom son­der e­ni­ge van die fên­sie nu­we toe­stel­le, tot­dat ek en my vrou nou die aand be­sluit om nie tuis te kook nie en eer­der weg­neem­piz­zas te be­stel.

Ons het mos al ja­re daar­die han­di­ge boe­kie wat met ’n mag­neet­band­jie vas­klou aan die deur van die ys­kas. ’n Mens soek vir jou ’n piz­za uit, bel die ou­ens, en bin­ne ’n half­uur daag daar ’n man op met ’n brom­po­nie en le­wer dit af. By jou voor­deur!

Groot was ons ver­ba­sing toe ons ont­dek die ys­kas­boe­kie werk nie meer nie. Hy is uit­ge­fa­seer. ’n Mens kan dees­dae net oor die in­ter­net be­stel!

Goed en wel. Ons het mos in­ter­net. Op my re­ke­naar.

Maar toe ons kom by die web­ruim­te van die piz­za-af­le­we­rings­diens, moet ons ont­dek voor­dat jy jou be­stel­ling kan plaas, moet jy eers ’n app do­wn­lo­ad. Of­te­wel, ’n toep af­laai. Op jou slim­foon.

Ons bel die men­se. Wat gaan aan? Vra ons. Ons wil nie ’n toep hê nie. Kan ons nie maar be­stel uit die boe­kie soos al­tyd nie?

Toep maak dit mak­li­ker

Moe­nie glo nie. Al­ler­han­de sto­ries. Nee, sê hul­le, maar die toep is juis om din­ge vir al­mal mak­li­ker te maak.

Kry die toep, tik jou a­dres in, dan kan jy al die hon­der­de re­stau­ran­te in jou om­ge­wing se spys­kaar­te kry en ou­to­ma­ties van daar af be­stel. Wat kan een­vou­di­ger wees? Ons be­gin teen dié tyd al pa­niek­be­van­ge raak, want nie­mand het nog ge­ëet nie, ons het geen vleis ont­vries nie, die kin­ders moet al gaan slaap en ons word be­kom­merd par­ty van die re­stau­ran­te gaan al be­gin toe­maak, want dis ’n weeks­aand.

Ons ont­hou met­eens dat my 13-ja­ri­ge dog­ter ’n slim­foon het. Ons leen haar foon, pro­beer die toep af­laai, maar die toep is te groot.

Daar is nie plek op haar foon nie, en sy wei­er om haar pop­mu­siek­vi­deo’s uit te vee! O wee! Nou’t ons nog ’n fa­mi­lie­twis ook op han­de. Wat nou?

Ie­wers het ons nog ’n ou mi­ni-iPad wat ons van ver­geet het. Ons gaan op die in­ter­net, pro­beer die toep daar­op laai. Dit vat baie lank, maar dit werk! Ons tik ons a­dres in, en sie­daar. Net ná ne­ge­uur die aand vind ons ein­de­lik ’n ly­sie re­stau­ran­te.

Geen or­dent­li­ke piz­za

Maar, he­laas. Om­dat ons ver van die mid­de­dorp af woon, is daar am­per niks eet­plek­ke op die lys nie. Niks lek­kers nie. Geen or­dent­li­ke piz­zap­lek nie. Wat van al die hon­der­de spys­kaar­te wat aan ons be­lo­we is?

Die ge­volg? Ja, jul­le het reg ge­raai. Ons het al­mal die aand hon­ger gaan slaap.

Ek moet dit nou rui­ter­lik er­ken: Ja, ek is kwaad vir die af­le­we­rings­diens. Ek is kwaad oor wat ge­beur het, en ek voel hul­le het ons ge­faal.

Waar­om re­ser­veer hul­le hul diens dees­dae slegs vir men­se wat die nuut­ste teg­no­lo­gie het? Waar­om laat hul­le my voel soos ie­mand wat nie lid­maat­skap het van die een of an­der eks­klu­sie­we klub nie?

Hoe durf hul­le die aan­na­me maak dat el­ke mens in die dorp ’n slim­foon be­sit? Wat van men­se in ou­e­te­hui­se?

Wat van die ar­mes? Wat van men­se soos ek wat net een­vou­dig nie lus is vir suk­kel en knop­pies druk nie?

Waar­om kan ons nie meer net deur die boe­kie op die ys­kas se deur blaai, iets uit­soek om te eet en die men­se bel nie?

Is dit no­dig dat al­les skie­lik so in­ge­wik­keld en on­ver­staan­baar moet wees? Word ek oud? Ek weet nie. Maar toe ek die vol­gen­de dag by die bank in­stap om vir die eer­ste keer in ja­re ’n tran­sak­sie oor die toon­bank te doen, en hul­le my vra om my duim en voor­vin­ger op ’n ma­sjien­tjie met ’n blou lig­gie te druk pleks van slegs my hand­te­ke­ning te vra of na my i­den­ti­teits­boe­kie se fo­to te kyk om te sien of ek nog die­self­de lyk as in 1999, toe weet ek.

Toe sê iets vir my: Die An­ti­chris is reeds hier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.