A­mies: Ne­de­rig, an­ders

Daar is tal­le wan­op­vat­tings oor die A­mie­se Doop­ge­sin­des van A­me­ri­ka, maar wan­neer jy die ge­meen­skap van na­der be­skou, word ’n he­le paar van jou voor­op­ge­stel­de i­dees gou op hul kop ge­draai.

Beeld - - Front Page - MARZAHN BO­THA @mar­zahn_­bo­tha

Hul­le is ge­lief in dié a­rea en leef in har­mo­nie saam met die “ge­wo­ne” A­me­ri­kaan­se bur­gers, hoe­wel hul­le nie in die ge­meen­skap in­te­greer nie.

In Mos­lem­lan­de het ek al ge­leer om nie te veel toe­stem­ming te vra wan­neer ek fo­to’s wil neem nie. In ’n kleur­vol­le mark of by ’n by­me­kaar­kom­plek van ka­rak­ter­vol­le ge­sig­te sal ek by tye som­mer graag van­uit my heup die knop­pie druk.

Ty­dens ’n on­lang­se reis in A­me­ri­ka het ek die­self­de ont­wy­ken­de ge­drag van die A­mie­se ge­meen­skap van Lan­cas­ter in die staat Penn­sil­va­nië ge­kry.

Dit was slegs ’n paar dae voor die ge­wil­de ge­sins­dag Dank­seg­gings­dag ( T­hanks­gi­ving), en groot, vet pam­poe­ne was oral te koop.

Sul­ke mooi ge­les, o­ran­jes en groe­nes – som­mer ’n wa­en­tjie vol pam­poe­ne.

Langs ’n wa­en­tjie het ’n A­mie­se vrou haar pam­poe­ne ge­rang­skik. Haar blou rok het nóg op haar knieë, nóg op die vloer ge­hang. Die A­mie­se vrou het vir my baie soos die “blou­rok­ke” of die S­pa­de-re­ën­sen­ding ge­lyk, be­hal­we dat sy ’n wit kap­pie oor haar bol­la aan­ge­had het. La­ter sou ek uit­vind dat die kleur van haar kap­pie aan­dui of sy ge­troud of en­kel­lo­pend is – ’n wit­te be­te­ken sy is ge­troud, ’n swart kap­pie sy is nie.

Sy wou nie ’n fo­to van haar laat neem nie. “Nee, as­se­blief nie,” was haar be­leef­de dog drin­gen­de ant­woord. Ek het my daar­by be­rus. Dié stil­le­we van ’n skug­ter, ont­wy­ken­de vrou in haar oud­mo­die­se uit­rus­ting wat pam­poe­ne en ge­droog­de mie­lie­kop­pe ver­koop, sou ek la­ter in die dag uit­vind, het al­les van die leef­wy­se en die waar­des van die A­mie­se ge­meen­skap en die Men­no­nie­te ver­sin­ne­beeld.

Men­se van een­voud

Die A­mie­se Doop­ge­sin­des en die Men­no­nie­te van die Penn­sil­va­nië-Ne­der­land­se tuis­land noem hul­self “men­se van een­voud”.

Die ge­skie­de­nis van die A­mie­se ge­volg be­gin by ’n groep S­wit­ser­se en Al­sa­sie­se A­na­bap­tis­te wat in 1693 deur Ja­cob Am­mann ge­stig is. Dit was ook deel van die ra­di­ka­le her­vor­ming in daar­die tyd waar men­se t­wee keer in hul le­we ge­doop is – as ’n ba­ba en weer as ’n vol­was­se­ne.

Ge­du­ren­de die 1800’s het die A­mie­se vol­ge­lin­ge hul­self weens die gods­diens­ti­ge oor­loë, ver­vol­ging en ar­moe­de in die sui­de­li­ke sen­tra­le dor­pies van Penn­sil­va­nië ge­ves­tig. Die A­mie­se “Ou Or­de” wat steeds hier woon, is baie kon­ser­wa­tief en leef nog die tra­di­si­o­ne­le prak­ty­ke en oor­tui­gings uit. Hul­le is ge­lief in dié a­rea en leef in har­mo­nie saam met die “ge­wo­ne” A­me­ri­kaan­se bur­gers, hoe­wel hul­le nie in die ge­meen­skap in­te­greer nie.

E­ni­ge be­soe­ker kan hul­le mak­lik uit­ken. Hul oud­mo­die­se kle­re en “pie­pie­pot”-haar­styl is nie ’n kos­tuum nie, eer­der ’n uit­druk­king van hul on­wrik­ba­re ge­loof in God.

Wie het die in­ter­net no­dig?

My v­rien­din Bor­ka Dic­ker­son en haar man, Ro­wan, het so­wat agt jaar ge­le­de na Har­ris­burg, so­wat 20 mi­nu­te van die Lan­cas­ter-om­ge­wing, ge­ïm­mi­greer.

“Ons t­wee seun­tjies ge­niet dit om hier rond te ry en na die men­se met die snaak­se ‘pie­pie­pot’-haar­sty­le te kyk,” sê Ro­wan.

“Ons ver­gaap ons ook aan die mooi per­de hier rond. Die per­de wat die swart kap­kar­re trek, lyk meer sier­lik en vors­te­lik teen­oor die per­de wat in­ge­span word om te ploeg en im­ple­men­te te trek.”

Ro­wan sê dit is in­druk­wek­kend om Son­dae in die om­ge­wing rond te ry, ter­wyl le­de van die ge­meen­skap sok­ker- en vlug­bal speel.

“Na­ge­noeg 50 kap­kar­re sal langs me­kaar par­keer, die een perd mooi­er as die an­der. Die kap­kar­re het soms selfs ag­ter­lig­te.” Die mees­te A­mie­se men­se be­sit nie voer­tuie nie en sal soms ’n be­stuur­der met ’n voer­tuig huur as hul­le ver moet ry.

Ná my eer­ste ont­moe­ting met die vrou wat die mooi pam­poe­ne ver­koop, draai my ka­me­ra­lens vir eers weg van die men­se en fo­kus ek op die lan­de­li­ke om­ge­wing.

El­ke reu­se­hout­huis in dié ge­bied het ’n lang draai­wiel-was­goed­lyn waar­aan was­goed hang.

So sien ek drie ge­was­te doe­ke wat aan die was­goed­lyn wap­per. On­der die doe­ke staan ’n Jack Rus­sell-ter­ri­ër en ’n jong ge­trou­de vrou met ’n wit kap­pie wat gras sny.

“Jy mag maar die doe­ke af­neem, net nie vir my nie.”

Ek raai dat haar naam dalk Mary kan wees. Die A­mie­se vroue het al­mal By­bel­na­me. Vroue word ge­woon­lik Mary, Re­bec­ca, Sa­rah, Ruth of Han­nah ge­noem. Mans het na­me soos Jo­han­nes, A­mos, Sa­mu­el, Da­ni­ël en Da­wid. Duit­se na­me soos S­tol­z­fus, King, Fis­her en Bei­ler is ook al­ge­meen.

Die ap­pel­pluk­kers se han­de

Ons ry van dor­pie na dor­pie, eers op teer­paaie en dwaal dan af op die grond­paaie. Die om­ge­wing is boom­ryk, al­les is lo­wer­groen en die rooi sku­re, ver­sier met s­ter­mo­tie­we, staan en pryk soos rooi ap­pels aan ’n groen ap­pel­boom.

Op ’n af­draai­pad sien ek ap- pel­pluk­kers. Ek sak op die man­ne toe, en Mat­thew, een van die wer­kers, sê ek mag kyk hoe hul­le die ap­pels pluk. Hy laat my toe om ’n fo­to van die mooi rooi vrug­te te neem, maar hui­wer toe ek ’n pro­fiel­fo­to wil neem.

Só stap ek la­ter deur ’n veld tot by ’n lap­pie grond waar die boer en sy perd die veld ploeg.

Geen e­lek­trie­se plaas­werk­tuie is in sig nie. By ’n skryn­werk­fa­briek het ek wel ’n e­lek­trie­se saag ge­hoor. Weer is die mans baie be­leef, maar hul­le wei­er dat ek die ka­me­ra na hul kant toe draai. Nóg ’n pam­poen­pluk­ker en sy seun­tjie het in die teen­oor­ge­stel­de rig­ting ge­loop, weg van die ka­me­ra se lens. Al­bei was net­jies ge­klee in kle­re van na­tuur­li­ke kleu­re en het def­ti­ge strooi­hoe­de op­ge­had. Hoe gro­ter die hoed, hoe stren­ger is die or­de. Die man het soos al­mal ’n baard ge­had, maar geen snor nie. A­mie­se mans mag nie snor­re dra nie, want dit word ge­as­so­si­eer met oor­log en weer­mag.

Ek moes my­self her­in­ner om nie ef­fens af­ge­haal te voel oor die ver­wer­ping nie. As hul­le nie eens in te­le­vi­sie, ra­dio, die in­ter­net of ’n sel­foon be­lang stel nie, is ’n di­gi­ta­le ka­me­ra se­ker ook ’n groot ta­boe.

Die mees­te huis­hou­dings hier ge­bruik ook nie e­lek­tri­si­teit nie, en krag­op­wek­kers of ker­se word in­ge­span. Hul­le glo nie dat die ge­bruik van e­lek­tri­si­teit son­de is nie, maar dat dit die ge­brui­ker oop­stel aan ver­soe­kin­ge wat sy ver­hou­ding met die kerk- en ge­sins­le­we ne­ga­tief kan be­ïn­vloed.

Iro­nies ge­noeg het die A­mie­se dor­pies sug­ges­tie­we na­me soos “Bi­rd in Hand” en “In­ter­cour­se” en “Blue Balls”. Aan­vank­lik het dit nie vir my lek­ker ge­klop met die sterk Chris­te­li­ke waar­des van die sub­kul­tuur nie.

In die 18de eeu sou die dor­pies in die om­ge­wing dik­wels na­me aan­neem van ’n te­ken wat her­ken­baar is vir meer­ta­li­ge be­soe­kers. Hul­le sou die dor­pies dan as­so­si­eer met ’n te­ken op die dor­pie se her­berg wat ’n ge­wil­de by­me­kaar­kom­plek in ’n ge­meen­skap was.

Só het dor­pies soos “Bi­rd in Hand”, “W­hi­te Hor­se”, “Blue Balls”, “S­mo­ketown” en “In­ter­cour­se” hul na­me ge­kry. In­ter­cour­se is die dor­pie met die mees­te meu­bel-, kwilt-, skryn­werk- en werk­tui­e­win­kels in die ge­bied. Jy kan ook be­ge­lei­de toe­re doen om te sien hoe die A­mie­se men­se leef.

God is hul­le al­les

Die A­mie­se Doop­ge­sin­des ver­werp hoog­moed en self­trots. Hul­le stel ne­de­rig­heid hoog op prys en glo jy moet jou­self kalm en or­de­lik kan hand­haaf. Hul­le leef een­vou­dig en sal hul­le self weer­hou van mo­der­ne ge­rie­we en ge­not as dit nie met hul Chris­te­li­ke waar­des strook nie.

Goeie kerk­lei­ers, die uit­bou­ing van die ge­sin en die ver­ster­king van hul ge­loof is vir hul­le al­les. Die stra­te we­mel van kin­ders in die dor­pies. Jy sien hul­le in hul fraai uit­rus­tings, waar hul­le op hul skop­fiet­se ry. Die mees­te ge­sin­ne ge­bruik nie ge­boor­te­be­per­king nie, hoe­wel dit nie ver­bied word nie.

Kin­ders hoef ook net tot in gr. 8 skool te gaan. Vol­gens die A­mie­se Doop­ge­sin­des het hul­le dan ge­noeg ken­nis en vaar­dig­he­de op­ge­doen om hul­le vir die wê­reld voor te be­rei. Dit be­te­ken geen ho­ër­skool of u­ni­ver­si­teit nie.

Die A­mie­se ge­meen­skap kry dit reg om on­af­hank­lik bin­ne hul ge­meen­skap­pe te funk­si­o­neer en ’n heg­te ge­meen­te te bou, iets waar­by ons soms kan leer. Maar ek hou te veel van fo­to’s neem en skryf op my re­ke­naar. Wie wil in elk ge­val al­les wat die le­we ge­mak­li­ker maak, ver­my?

My ant­woord sou ek la­ter met Google kry.

“Mo­der­ne uit­vind­sels soos e­lek­tri­si­teit word ver­keer­de­lik aan­ge­wend om sta­tus­sim­bo­le te dien. Fo­to’s bring hoog­moed mee.”

Fo­to’s: MARZAHN BO­THA

Dit was net voor Dank­seg­ging en daar was oral pam­poe­ne te koop.

So­ver moont­lik word al­le ar­beid met die hand ver­rig.

’n A­mie­se pa en sy seun. Hoe gro­ter die hoed, hoe stren­ger die or­de.

’n Ge­trou­de A­mie­se vrou by haar pam­poen­stal­le­tjie in Lan­cas­ter in die staat Penn­sil­va­nië.

’n Groep A­mie­se mans pluk ap­pels in die ap­pel­boord.

A­mie­se men­se dra graag na­tuur­li­ke, ge­demp­te kleu­re. Jy sal hul­le nie som­mer in skel­pienk kle­re sien nie.

’n Groep A­mie­se vroue kyk na ’n plaas­li­ke sok­ker­wed­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.