Die rof­ste co­w­boy in die kroeg

As Suid­A­fri­ka ’n We­stern­fliek was, sou die po­li­tie­ke ont­le­der Piet Crou­camp een van die rof­ste co­w­boys in die kroeg ge­wees het. Hy skiet wild en wyd, oor gods­diens, taal en po­li­tiek.

Beeld - - Front Page - Elma Smit @el­ma­ka­pel­ma

Hit­chens het ge­sê as jy dít wat jy in ’n kerk sê in ’n M­cDo­nald’s sê, sal hul­le jou in ’n ge­stig op­sluit.

Sy ska­kel­huis in Mel­vil­le lyk van die straat af nes die een langs­aan, be­hal­we vir die Dor­per­skaap op die dak. So ’n draad-en-kra­le­ska­pie, die soort wat swart mans met breë glim­lag­te by Jo­han­nes­burg se ver­keers­lig­te smous. In die op­rit staan ’n mo­tor­fiets, ’n Ca­mel Man-Land Ro­ver en hy, met ’n ste­wi­ge hand­druk.

“Ek moet sê ek is self nie heel­te­mal se­ker hoe­kom ek só by die o­pen­ba­re ge­sprek be­trok­ke ge­raak het nie.” Hy skud sy kop, maar lyk nie veel ge­pla nie.

’n Vi­deo, met kort klank­gre­pe uit ’n de­bat oor die be­staan van God, waar­in hy kru taal ge­bruik, het on­langs die nuus ge­haal.

Dat dié de­bat al in 2013 ge­voer is en die vi­deo al in 2014 op YouTu­be ge­laai is, pla skyn­baar nie­mand nie.

God en Je­sus “is al­bei brein­dood”, het hy tóé ge­sê.

“Ek sou dit waar­skyn­lik an­der­ster ge­stel het as ek ge­weet het wat die na­ge­vol­ge sou wees. By­ge­sê, dis baie moei­lik om oor gods­diens te praat en nié die per­soon oor­kant jou te of­fend nie.

“As jy oor­gaan tot die ek­streem, soos wat ek het, raak dit een­sy­dig. ’n Mens moet ver­sig­tig praat. Ek bla­meer my­self daar­voor.”

Dan vou hy sy arms voor hom en sy kop rus na een kant toe. “Par­ty­keer het ’n re­laas ’n skok­ef­fek no­dig, jy weet, om tot men­se deur te dring.”

Die te­o­loog Chris­ti­na Land­man het in re­ak­sie ge­skryf Crou­camp “moe­nie God by ge­lo­wi­ges steel nie”.

“Ek het dit ge­lees en ge­won­der hoe sy met haar­self saam­leef, as ’n a­ka­de­mi­kus?” Sy han­de swaai vra­end uit, palms na bo.

Sal hy ooit weer op ’n o­pen­ba­re plat­form sê God óf Je­sus is brein­dood?

“Kyk,” hy sug, “wat ek as ’n me­ta­foor ge­bruik het, het nie so oor­ge­kom nie.”

“(Chris­to­pher) Hit­chens het ge­sê as jy dít wat jy in ’n kerk sê in ’n M­cDo­nald’s sê, sal hul­le jou in ’n ge­stig op­sluit.”

Hoe­kom dan sal ’n do­sent in po­li­tie­ke we­ten­skap sy kop by by­e­kor­we soos die stryd vir A­fri­kaans – op ’n an­der kam­pus, nog­al – en iets soos ge­loof in­steek?

“T­wee re­des. Po­li­tiek is wat ek a­ka­de­mies doen, maar ek is se­ker jy be­geef jou ook in an­der din­ge wat vir jou be­lang­rik is.

“Ver­der leef ek in ’n wê­reld waar my kin­ders sog­gens na ’n Chris­te­li­ke skool toe gaan, waar men­se in my af­we­sig­heid my min­der­ja­ri­ge kin­ders pro­beer be­ïn­vloed. Dís wet­tig!”

Hy trek sy ban­da­na voor­langs la­er af op sy voor­kop.

“As dit vir jou on­be­lang­rik is wat men­se dink, swem jy deur dié goed. As die in­vloed wat an­der men­se op jou kin­ders het vir jou be­lang­rik is, neem jy deel.”

Met sy wys­vin­ger en duim saam­ge­druk, be­klem­toon hy sy woor­de as­of hul­le in die lug voor hom hang.

“Ek was 16 toe ek as ’n Chris­ten die eer­ste keer vrae be­gin vra het.

“Die eer­ste ding wat my ge­pla het, was die maag­de­li­ke ge­boor­te. Toe gaan lees ek en sien al die G­riek­se go­de was ook pro­duk­te van maag­de­li­ke ge­boor­tes. Jy be­gin la­ter dink: ‘Hoe­kom is Hy nood­wen­dig reg en die an­der ou­ens is ver­keerd?’

“Eers op 19 het ek be­sef my ma­nier van dink is nie meer ver­soen­baar met e­ni­ge vorm van dog­ma nie.

“Die Chris­ten wat aan ta­fel wil bid, het nou net by die braai­vleis­vuur bran­de­wyn ge­drink, op die All Blacks ge­vloek en is ’n ras­sis.

“Dis mak­lik om in so ’n wê- reld ge­se­ku­la­ri­seer te word, want daar’s so­veel men­se wat Chris­ten­dom nie aan­lok­lik maak nie. Dis ’n ge­waar­wor­ding wat oor tyd groei.”

Hy lê teen die rug­le­ning van sy eet­ka­mer­stoel. “Dís hoe jy ’n a­te­ïs word.” So min soos Crou­camp dees­dae on­der die ra­dar vlieg, so hard het hy as kind in Wind­hoek se wees­huis on­ge­siens pro­beer bly.

“Ek het nie my kin­der­ja­re as trau­ma­ties er­vaar nie, ek was sorg­loos. Daar was 74 kin­ders in die kin­der­huis en t­wee groot­men­se. As jy jou pro­fiel laag ge­hou het, kon jy maan­de be­staan son­der dat ’n groot­mens een keer met jou ge­praat het.”

Op skool het hy dit ook reg­ge­kry. “Ek was on­der die laas­te drie of vier kin­ders in die klas. Die on­der­wy­sers het net aan­dag ge­gee aan die moei­lik­heid­ma­kers en die be­lo­wen­des.”

“Ont­hou,” hy leun vo­ren­toe as­of hy ’n ge­hei­me wenk deel, “in óns tyd was ver­al mans ou­to­kra­ties, in­ti­mi­de­rend, fi­siek in­ge­stel daar­op om jou pak slae te gee en jou met die vuis te don­ner. Om groot­men­se te ver­my, het jou stil­te ge­gee waar­in jy jou­self kon for­mu­leer.

“Die ma­nier waar­op ek groot­ge­word het, het nie toe­ge­laat dat ek ’n trop­dier word nie. Jy kyk al­tyd van bui­te die sa­me­le­wing af bin­ne­toe. Dit het die voor­deel dat dit jou ’n bi­rd’s-eye view gee van ’n wê­reld waar­in jy on­be­trok­ke is.”

Hy’s een van 13 kin­ders. Sy vroeg­ste her­in­ne­ring aan sy ma is van die dag toe sy hom by sy ou­ma af­ge­laai het toe sy te swaar ge­kry het om ver­der na hom om te sien. Sy ou­ma het vroeg al vir hom sto­ries oor sy groot­ou­pa en naam­ge­noot Pe­trus A­bra­ham Kar­sten ver­tel.

“My ou­ma het al­tyd ge­sê hy was ’n sag­ge­aar­de ou, wat ont­sag­lik lief was vir sy kin­ders. Hy’t nooit aan hul­le ge­slaan nie en hy’t die staat par­ty­keer ge­kon­fron­teer.” Hy sluk diep, wys na die skil­de­ry met sy groot­ou­pa op, bo die kag­gel.

Ná skool het hy drie keer by ver­skil­len­de u­ni­ver­si­tei­te be­gin stu­deer en dan weer uit die bus ge­val. Eers Ma­ties, toe Ko­v­sies en uit­ein­de­lik ook in Jo­han­nes­burg.

“By die RAU het die re­gis­tra­teur my kans ge­gee tot A­pril om die R60 re­gis­tra­sie­fooi by­me­kaar te kry, maar ek kon nie. Ek het een­dag nog so in die klas ge­sit, my pen op die boek neer­ge­sit – soos ’n ou wat bad­ka­mer toe loop – uit­ge­stap en be­gin ry­loop. Teen die vol­gen­de dag was ek te­rug in Run­du, doer in die noor­de van Na­mi­bië.”

Hy het te­rug­ge­gaan na ou vrien­de, die Bur­gers, wat hul­le oor hom ont­ferm het.

Daar­na het “odd jobs” ge­volg, ’n tyd­perk in die weer­mag en hy het in 1985 deur Eu­ro­pa gaan ry­loop. Die jaar daar­na het hy weer pro­beer, in S­tel­len­bosch.

“Toe ek voor in die re­gis­tra­sie­tou kom, het ek ge­sê: ‘An­tie moet my as­se­blief re­gis­treer vir die vak­ke wat die stu­den­te deur­kom, want ek kan nie weer dop nie.’

“Die vrou van die re­gis­tra­sie­kan­toor het ’n v­rien­din ge­roep: ‘Ma­rie, wat kom die kin­ders deur?’ Ma­rie het nie eens op­ge­kyk nie, sy’t net oor haar skou­er ge­skree: ‘Po­li­tiek!’ ”

A­fri­ka­ners ver­trou die staat met níks nie. Maar hul­le wil die staat ver­trou met A­fri­kaans op u­ni­ver­si­teit? As ons dit wil red, moet ons dit self doen.

Dáár het hy vir die eer­ste keer met den­kers soos Jan­nie Ga­gi­a­no, Jo­han De­ge­naar, Wil­lie Ester­huy­se en Sam­pie Ter­re­blan­che te doen ge­kry.

“’n U­ni­ver­si­teit is niks werd as jy nie daar leer dink nie. Dis ’n Mo­lo­tov cock­tail van i­dees. Jy sal nooit weer e­nig­iets op fa­ce va­lue aan­vaar na­dat jy aan daai ou­ens bloot­ge­stel is nie.”

Ná sy hon­neurs­graad het hy as per­so­neel­be­stuur­der in Os­ha­ka­ti ge­werk ter­wyl hy aan sy mees­ters­graad “be­gin kar­ring het”. Sy dok­tors­graad oor tax­i­ge­weld het hy uit­ein­de­lik in 2002 af­ge­han­del.

“Die am­bi­sie was maar om op u­ni­ver­si­teit te kom. In daai sta­di­um was daar nie­mand in my fa­mi­lie waar­van ek ge­weet het wat eens ma­triek ge­skryf het nie.” Hoe­wel hy nie ’n A­fri­ka­ner ge­noem wil word nie, is hy in sy eie o­pi­nie niks min­der lo­jaal aan A­fri­kaans as B­rey­ten B­rey­ten­bach of Jo­an Ham­bid­ge nie.

“Ek skryf 80% van my dag in A­fri­kaans, my kin­ders gaan skool in A­fri­kaans. Ek praat 90% van die dag A­fri­kaans.

“Al wat ek vra, is: Hoe red ’n mens A­fri­kaans? Soos hul­le te­reg sê, boer die taal ag­ter­uit.

“Ek dink ’n mens moet ver­sig­tig wees vir die o­pi­nie van men­se wat hul geld uit A­fri­kaans en uit God maak. Jy moet hul me­ning aan­hoor, maar jy moet dit al­tyd weeg teen die mo­ti­ve­rings.” Weer skuif-skuif hy aan sy kop­doek.

“A­fri­ka­ners ver­trou die staat met níks nie, hul­le wil al­les pri­va­ti­seer. E­lek­tri­si­teits­voor­sie­ning, sko­le, die he­le lot. Maar hul­le wil die staat ver­trou met A­fri­kaans op u­ni­ver­si­teit?” Hy skud sy kop. “Kyk na die te­a­ter­be­dryf. Toe die a­part­heid­staat dit nie meer doen nie, toe doen ons dit self. Dit het nou ’n meer be­vry­de, in­tel­lek­tu­e­le ba­sis as te­vo­re. As ons dit wil red, moet ons dit self doen.”

Die staat het, vol­gens hom, wel nog ’n nut as dit by die op­los­sing vir grond­her­vor­ming kom.

“Boe­re moet ’n kom­mer­si­ë­le aan­spo­ring hê. Boe­re kan ’n oor­een­koms met ’n swart ven­noot of sy wer­kers aan­gaan. Die boer gee die ken­nis, die grond, die ma­sji­ne­rie. Die swart ven­noot bring die mark en die wa­ter­reg­te, by­voor­beeld. Iets wat hy by die staat kan kry en die voor- deel van sy voor­heen be­na­deel­de sta­tus. Só maak al­mal geld. Daar is so ’n boer wat ’n fan­tas­tie­se suk­ses­vol­le voor­beeld hier­van ge­maak het.”

As aan­bie­der van Me­ga­boe­re op kykNET het hy die land se lei­ers op dié ge­bied van na­der leer ken.

Sy eie skaap­boer­de­ry in Na­mi­bië se Ka­ras­ber­ge sien hy so een keer ’n maand. Wan­neer sy seun, S­chalk (13), kan saam­gaan, laai hul­le die Lan­dy, an­ders ry hy som­mer mo­tor­fiets.

Hy is al meer as ’n de­ka­de ge­skei. “Hel, ek’t ’n ou­li­ke vrou ge­skei. Baie in­tel­li­gent, baie in­te­res­san­te mens. Ons het toe be­sluit al be­staan die ge­sin nie meer nie, sal die fa­mi­lie bly voort­be­staan.”

Sy dog­ter, Sa­zel­le (17), is die een wat be­sorg is oor of dit hom pla “as die men­se so vir my kwaad word”.

“Dan sê ek: ‘As ek ver­keerd is, ja, maar nie as ek reg is nie.’ En ek is baie ver­keerd, hoor.”

Hy lag vir hom­self. “Ek was van­og­gend in ’n ver­ga­de­ring twéé keer ver­keerd. Ek het ook in Rap­port ge­skryf Trump sal nooit die Re­pu­bli­kein­se pre­si­den­si­ë­le kan­di­daat word nie!” Hy lag lek­ker diep.

“Dit vat nog­al ’n bie­tjie e­mo­si­o­ne­le e­ner­gie om te gaan ploeg oor waar ek ver­keerd ge­kyk het, jy weet? Maar ver­keerd is nie ’n trau­ma­tie­se er­va­ring nie.

“Ek sê al­tyd vir my kin­ders jy moet nooit be­dreig voel deur ie­mand wat meer in­tel­li­gent of meer ge­reeld reg is as jy nie.

“Jy moet na­der be­weeg aan hul­le, dís by wie jy iets leer.”

Fo­to: CORNEL VAN HEER­DEN

Die uit­ge­spro­ke a­te­ïs Piet Crou­camp (53) sê hy vind be­te­ke­nis in “die won­der van die le­we, my lief­de vir my kin­ders en ge­sprek­ke met men­se. As kind in Na­mi­bië het ons nie e­lek­tri­si­teit ge­had nie, nou kry ek op­tie­se ve­sel hier in my huis. As jy al hier­die din­ge sien ver­an­der in jou leef­tyd, kan jy rê­rig dink die le­we is nie die moei­te werd nie?”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.