Jo­zi: ’ n stad vol lek­ker

Beeld - - Front Page - @Jo­burg­Pla­ces GE­RALD GAR­NER

Sa­ter­dag

08:00 Ek bly in ’n dak­woon­stel in Jo­han­nes­burg se mid­de­stad en ek be­gin ge­woon­lik my og­gend deur ’n kop­pie kof­fie te drink by Cra­mers Cof­fee na­by die hoek van Har­ri­son- en Main­straat. Hul­le maak ge­bruik van E­thi­o­pie­se Be­an T­he­re-kof­fie­bo­ne en hul ba­ris­tas is uit­ste­kend op­ge­lei. Dis heer­lik om bui­te te sit en die stads­men­se dop te hou wat ver­by­stap.

10:00 As ek tyd het, gaan eet ek ont­byt by Lo­ve Food in Braam­fon­tein (A­mes­hoff­straat 4), ’n de­li­styl-straat­ka­fee wat heer­li­ke vars kos maak. An­ders gryp ek som­mer ’n crois­sant of ’n stuk rooi­f­lu­weel­koek by Cra­mers.

12:00 As ek nie toe­re het nie en my mid­dag oop is, be­soek ek graag die Wits Art Mu­seum (WAM) in Braam­fon­tein (Jan S­mut­slaan 1) of stap rond in Main­straat in Mars­hal­l­town waar myn­maat­skap­pye se hoof- kan­to­re is. Die straat het ook ’n bui­te­lug­mu­sem met baie fo­to’s en ob­jek­te met in­lig­ting oor die stad en die myn­we­se. Dis ook lek­ker om na Gand­hi-plein te loop en te kyk na die stand­beeld van die jong Gand­hi.

In die teen­oor­ge­stel­de rig­ting is die Im­pa­la S­tam­pe­de- beeld­hou­werk deur Herman Wald, dalk Jo­han­nes­burg se be­kend­ste beeld­hou­werk.

Die beeld is in die 1990’s erg be­ska­dig. Die bok­kies se kop­pe is af­ge­saag en vir skroot­me­taal ver­koop. Wald se seun het dit her­stel.

Be­soek ook C­han­cel­lor Hou­se (Foxstraat 25, Fer­rei­ras­dorp) net om die draai van Ang­lo A­me­ri­can se hoof­kan­toor. Nel­son Man­de­la en O­li­ver Tam­bo het hul regs­prak­tyk in 1952 hier in Foxstraat oop­ge­maak.

Daar is ’n fan­tas­tie­se sy­paad­jie­mu­seum in die ven­sters van die ge­bou en voor dit is die prag­ti­ge S­hadow Boxer-beeld­hou­werk deur Mar­co Ci­an­fa­nel­li.

17:00 Die plek met die mooi­ste uit­sig vir ’n ske­mer­kel­kie is die Li­ving Room in Ma­bo­neng (Kru­ger­straat 20). Ek ge­niet ook die Po­ta­to S­hed in Ne­w­town Juncti­on (hoek van Carr- en Mi­ri­am Ma­ke­bastraat). Hul­le het ’n heer­li­ke ver­skei­den­heid mi­kro­bier. As jy wil aan­bly vir aand­e­te het hul­le ook lek­ker vleis­ge­reg­te en ja­fels.

Ek is ook baie op­ge­won­de oor Jo­zi­burg Tas­ting Bar by Jo­zi­burg La­ne in die One Eloff-ont­wik­ke­ling (Eloff­straat 1). Hier sal jy fan­tas­tie­se mi­kro­bier en wyn kry.

Te­ken so­lank 27 tot 29 Mei in jou dag­boek aan, wan­neer die Jo­zi­burg La­ne-fees gaan plaas­vind. Daar is meer in­lig­ting by jo­zi­bur­gla­ne.co.za.

20:00 Vir aand­e­te is dit heer­lik om by Ca­pel­lo’s op die hoek van Lo­ve­day- en Main­straat, na­by Gand­hi-plein te sit. Jy hoef nie Eu­ro­pa toe te gaan om op die sy­paad­jie te kui­er nie. Nog ’n guns­te­ling is 86 Pu­blic in Braam­fon­tein. Hul­le maak die bes­te piz­za in Jo­han­nes­burg en het ook ’n groot ver­skei­den­heid bier.

Sondag

08:00 As jy vroeg op­staan, gaan stap ge­rus van Main­straat by Gand­hi-plein tot by Foxstraat 1 en daar­na na Ne­w­town Juncti­on. Dis ook ’n goeie roe­te vir draw­wers.

10:00 Gaan eet ’n laat ont­byt of mid­dag­e­te by die Mar­ket on Main in Ma­bo­neng. Van Mex­i­kaan­se kos tot E­thi­o­pie­se tef­pan­ne­koe­ke en rooi­f­lu­weel­koek is van die lek­ker­nye hier.

Fo­to’s: GAUTENGSE FILMKOMMISSIE

Die Li­ving Room in Ma­bo­neng het van die mooi­ste uit­sig­te oor Jo­han­nes­burg se stads­pro­fiel.

Fox­straat in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.