SAUK se ‘mu­siek­kwo­ta’ te erg?

Beeld - - Nuus -

Die SAUK se be­sluit dat plaas­li­ke mu­siek 90% van al­le mu­siek op sy ra­di­o­sta­sies moet uit­maak, is uit­ste­ken­de nuus vir ge­ves­tig­de plaas­li­ke mu­si­kan­te, maar ver­al vir die ont­wik­ke­ling van plaas­li­ke ta­lent.

Suid-A­fri­kaan­se mu­siek­ta­lent het nog nooit no­dig ge­had om te­rug te staan nie.

Men­se soos Hugh Ma­se­ke­la, La­dy­smith Black Mam­ba­zo en Mi­ri­am Ma­ke­ba het ge­wys dat ons die wê­reld aan ons voe­te kan hê.

Die SAUK se be­sluit dek die ta­fel vir die ont­wik­ke­ling van meer sul­ke ta­lent.

Die mu­siek van op­ko­men­de kuns­te­naars wat an­der­sins nie lug­tyd sou kry nie, sal nou land­wyd oor ra­di­o­gol­we en selfs wê­reld­wyd op die in­ter­net te ho­re wees.

Die rol wat mu­siek speel om gren­se tus­sen men­se af te breek, moet ook nie on­der­skat word nie.

Gro­ter mul­ti­kul­tu­re­le bloot­stel­ling en mu­si­ka­le kruis­be­stui­wing kan ’n krag­ti­ge in­stru­ment wees om men­se na­der aan me­kaar te bring en ons jong de­mo­kra­sie ’n hup­stoot te gee.

SAUK-ra­di­o­sta­sies loop eg­ter die we­sen­li­ke ge­vaar om ge­reel­de luis­te­raars te ver­vreem en hul­le aan pri­va­te sta­sies af te staan. Luis­te­raars se sma­ke en voor­keu­re kan nie een­vou­dig ge­ïg­no­reer word nie.

Dié ri­si­ko sal baie fyn be­stuur moet word. Die vraag be­hoort ook ge­vra te word of die 90% nie te dras­ties is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.