P­ri­me Ci­r­cle sing by UEFA­kam­pi­oe­ne­li­ga se eind­stryd

Beeld - - Nuus - Ro­zan­ne Els

P­ri­me Ci­r­cle, een van Suid-A­fri­ka se groot­ste rock­groe­pe, gaan “rock dat dit bars” by die eind­stryd van een van die wê­reld se groot­ste klub sok­ker toer­nooie.

Die U EFA-kam­pi­oe­ne li­ga­wed­stryd word op 28 Mei in Mi­laan, I­ta­lië, in die S­ta­dio San Si­ro ge­speel. T­wee klubs van Ma­drid, Re­al Ma­drid en At­lé­ti­co, sê me­kaar die stryd aan.

P­ri­me Ci­r­cle se Ross Le­ar- month, Mar­co Go­mes, Da­le S­chnett­ler, Neil B­rey­ten­bach en Dirk Bisschoff sal by die C­ham­pi­ons Fe­s­ti­val op­tree.

Die groep se nu­we al­bum, Let the Nig­ht In – De­luxe, is Vry­dag in Suid-A­fri­ka en Eu­ro­pa be­kend ge­stel.

Die groep gaan ook la­ter van­dees­maand en in Ju­nie die ver­hoog deel met an­der le­gen­da­rie­se mu­si­kan­te en groe­pe, waar­on­der Iron Mai­den, Ig­gy Pop, Gar­ba­ge en Slay­er. Hul­le sal oor die he­le Oos­ten­ryk en Duits­land op­tree.

Le­ar­month, die groep se hoof­san­ger, is baie trots op die ge­leent­heid om deel van die “me­ga”-UEFA-fees­vie­rin­ge te wees.

Hy het die ver­se­ke­ring ge­gee dat hul­le gaan rock dat dit bars.

Die Suid­A­fri­kaan­se rock­groep P­ri­me Ci­r­cle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.