Ek wag nog vir die ei­e­naar van die hond om my te kon­tak.

Tal­le help red do­ber­mann

Beeld - - Nuus - An­dré Da­mons

Bloem­fon­tein. – ’n Jong do­ber­mann wat so­wat 50 m ver on­der ’n mo­tor ge­sleep is, is gis­ter ge­o­pe­reer so­dat sy won­de skoon­ge­maak en ge­heg kon word.

Die hond is ge­luk­kig om te leef na­dat hy Don­der­dag­aand on­der ’n in­wo­ner se mo­tor be­land het toe hy blyk­baar vir weer­lig ge­skrik het.

Wim­pie Gey­er, ’n lid van die A­friForum-sek­tor 4-buurt­wag, sê hy is deur ’n an­der lid, Ru­an Tal­jaard, ge­bel en oor die on­ge­luk in­ge­lig.

Vol­gens hom is die hond dank­sy ’n span­po­ging on­der die mo­tor uit­ge­haal.

“Toe ek en my seun, Wyn­and (24), daar aan­kom, het dit ge­lyk as­of daar ’n on­ge­luk was waar­in men­se dood is. ER24 was daar, ’n voer­tuig van ’n in­sleep­diens was daar en daar was baie men­se.

“Die hond het nog on­der die mo­tor vas­ge­sit en kon nie lek­ker a­sem­haal nie. Die in­sleep­diens het die mo­tor op­ge­lig en ek het on­der die mo­tor in­ge­kruip en die hond uit­ge­haal,” sê Gey­er.

Gey­er, van die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke se Groen S­ker­pi­oe­ne, sê die hond was ver­bou­e­reerd en ’n bie­tjie bang, maar hy het hom ge­kal­meer voor­dat hy hom na die Bloem­fon­tein­se Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (BDBV) ge­bring het.

Rei­net Mey­er, se­ni­or in­spek­teur van die BDBV, sê die hond is gis­ter na ’n vee­arts ge­bring waar sy be­se­rings skoon­ge­maak en ge­heg is. Hy sal ten vol­le her­stel. Vol­gens Gey­er het die hond geen in­wen­di­ge be­se­rings op­ge­doen nie en het ook niks ge­breek nie.

“Dit was ER24, die buurt­wag en die DBV wat al die werk ge­doen het. Al­mal het in die re­ën ge­werk om die hond te help. Ek het nie ge­weet men­se gee so om vir die­re nie.

“Ek wag nog vir die ei­e­naar van die hond om my te kon­tak. Dit hond be­hoort aan ie­mand, want dit is mooi ver­sorg.”

Hond ge­o­pe­reer wat 50 m ver ge­sleep is

Wim­pie Gey­er met die jong Do­ber­mann wat Don­der­dag­aand on­der ’n mo­tor uit­ge­haal is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.