G­rey­spe­ler ge­skors oor trap­pe­ry

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

Bloem­fon­tein. – Die oor­win­ning van G­rey-kol­le­ge se eer­ste rug­by­span oor A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool (Af­fies) met 53-29 in P­re­to­ria het van­dees­week ’n ef­fe suur na­smaak ge­had toe ’n G­rey-voor­spe­ler vir t­wee wed­stry­de ge­skors is.

Ju­an Ven­ter, die nom­mer­se­we­flank van G­rey, is ná die wed­stryd deur die Blou Bul­le-rug­by­u­nie uit­ge­wys en van­dees­week deur ’n tug­ko­mi­tee on­der die vaan­del van die Vry­staat­se rug­by­u­nie vir trap­pe­ry ver­hoor en ge­straf.

Ro­nel Pie­naar, woord­voer­der van die Vry­staat­se u­nie, sê die Blou Bul­le het hul mis­noeë oor ’n voor­val in die 57ste mi­nuut van die wed­stryd uit­ge­spreek waar­in ’n Af­fies-spe­ler t­wee keer op sy kop ge­trap is. Ven­ter het blyk­baar die Af­fies-spe­ler oor sy oor en wang ge­trap.

’n Vi­deo van die voor­val was die ver­naam­ste ge­tui­e­nis wat Don­der­dag in die AK Vol­steedt­ge­bou ge­le­wer is.

Adv. Ja­c­ques Har­ring­ton, wat die on­der­soek ge­lei het, het ge­vra dat Ven­ter vir vier wed­stry­de ge­skors word.

Han­nes Pey­per, wat na­mens Ven­ter op­ge­tree het, het by na­vraag ge­sê hy gaan op ’n teg­nie­se punt na die Vry­staat­se rug­by­u­nie ap­pel­leer.

Ven­ter is on­der die ver­keer­de re­gu­la­sie aan­ge­kla en skul­dig be­vind, sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.