Broer praat oor laas­te ge­sprek met Win­nie Rust

Beeld - - Nuus - Ro­man­tha Bo­tha

Win­nie Rust het haar broer en sy vrou Maan­dag nog ge­nooi om mô­re by haar te kom eet. Dit was Chris van der Mer­we (72) se laas­te ge­sprek met Rust voor­dat sy ver­moor is.

Die 77-ja­ri­ge skry­wer van Wel­ling­ton se lyk is Woens­dag deur haar man, dr. Ma­nie Rust (87), op hul kom­buis­vloer ge­vind.

“Sy het al­tyd moei­te ge­maak om die fa­mi­lie by­me­kaar te kry en ons het ge­du­rig kon­tak met me­kaar ge­had.”

Van der Mer­we sê sy sus­ter was ’n vrou met baie fa­set­te wat ’n “won­der­li­ke ba­lans tus­sen haar skryf­werk en haar ge­sins­plig­te kon hand­haaf”.

“Sy was ook ’n vrou wat diep ge­lo­wig was en el­ke dag met stil­te­tyd en ge­bed be­gin het. Dit was haar roe­ti­ne.”

Om­dat van haar kin­ders nog oor­see is, is re­ë­lings vir ’n ge­denk­diens nog nie af­ge­han­del nie.

Haar oud­ste dog­ter, An­na, ook be­kend as G­rie­tjie, is nog in Ne­der­land en sou gis­ter in SuidA­fri­ka aan­kom, sê Van der Mer­we.

“Haar jong­ste, Hugo, is nog in A­me­ri­ka. Ek is nie se­ker wan­neer hy hier gaan wees nie. Ons het nog nie ’n tyd vas­ge­stel vir ’n rou­diens of die be­graf­nis nie, maar hoop om dit bin­ne­kort te kan hou.”

In­tus­sen is daar nog geen ver- wik­ke­lin­ge in die po­li­sie­on­der­soek nie.

“Die on­der­soek is nou in ’n baie sen­si­tie­we sta­di­um en ons wil nie e­ni­ge in­lig­ting wat die saak op die spel sal plaas, be­kend maak nie,” sê kapt. F.C. van Wyk, ’n po­li­sie­woord­voer­der .)

Die Rusts se buur­vrou El­si­be Loub­ser sê sy het nie die mid­dag van die moord “har­de” ge­lui­de uit die huis ge­hoor soos gis­ter in Beeld be­rig is nie.

Sy sê: “Vier van die vyf vol­was­se­nes op ons per­seel het deur die loop van die mid­dag se­ke­re din­ge ge­sien of ge­lui­de ge­hoor wat die po­li­sie moont­lik kan help en wat tans by die po­li­sie is.”

Fo­to: EDREA DU TOIT

Po­li­sie­lint van­dees­week voor die moord­huis. Win­nie Rust

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.