Kop­stam­per eers dán ge­von­nis

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

Fo­to’s: CONRAD BORNMAN Die von­nis­op­leg­ging van die voor­ma­li­ge pro­vin­si­a­le rug­by­spe­ler wat ’n sa­ke­vrou van Bloem­fon­tein in ’n kui­er­plek in die stad met die kop ge­slaan het, is tot Dins­dag uit­ge­stel.

Die on­der­soek­be­amp­te en die dos­sier oor die on­der­soek teen Le­on van der Wath (49), voor­ma­li­ge Vry­staat- en G­rie­kwa-rug­by- spe­ler, was gis­ter soek.

By oor­een­koms tus­sen die staat en Ni­co Nau­dé, regs­ver­teen­woor­di­ger van Van der Wath, het land­dros Ephraim Se­be die ver­hoor uit­ge­stel.

Van der Wath het vroe­ër skuld ont­ken op ’n aan­klag van aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer. Hy het be­ken dat hy Cor­ne­lia (Rie­kie) Cloe­te (39) die aand van 8 A­pril in ’n woor­de­wis­se­ling in R­ho­da’s Pub in Pel­lis­sier met die kop teen haar voor­kop ge­stamp het.

Sy is in die hos­pi­taal op­ge­neem en het har­sing­skud­ding en bloe­ding op die brein op­ge­doen.

Cloe­te gaan waar­skyn­lik Dins­dag ter ver­swa­ring van straf teen Van der Wath ge­tuig.

Van der Wath sê in sy pleit­ver­dui­de­li­king dat sy hom ge­kog­gel en sy ma ge­vloek het.

Le­on van der Wath voor sy ver­sky­ning.

Cor­ne­lia (Rie­kie) Cloe­te in die Bloem­fon­tein­se land­dros­hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.