Be­jaar­de boer, vrou lê ure vas­ge­bind in huis ná aan­val

Beeld - - Nuus - And­re Da­mons

Hert­zog­vil­le. – ’n Be­jaar­de boe­re-eg­paar is te­rug op die plaas so­wat 10 km bui­te dié Vry­staat­se dorp waar hul­le vroe­ër van­dees­week aan­ge­val en be­roof is.

Drie mans het Giep Bo­tha (78), ’n af­ge­tre­de boer van die plaas Al­berts­rus, Woens­dag by sy kra­le oor­val kort na­dat hy en sy vrou, Mie­na (79), by die huis aan­ge­kom het.

Han­nes de Ja­ger, Vry­staat Land­bou se vei­lig­heids­ko­ör­di­neer­der vir die dis­trik, sê die eg­paar het tus­sen 16:30 en 17:00 by die huis ge­kom.

Bo­tha is eers na die kra­le toe ter­wyl sy vrou die huis bin­ne­ge­gaan het.

“Die aan­val­lers het iets oor die oom se kop ge­trek en hom vas­ge­bind.

“Toe die oom lank weg­bly, het die tan­nie gaan kyk waar hy is.

“Die mans het haar in­ge­wag en ook oor­val en vas­ge­bind,” sê De Ja­ger.

Die boos­wig­te het die eg­paar die huis bin­ne­ge­vat en Bo­tha aan­ge­rand toe hy wei­er om die kluis oop te maak, vol­gens sers. Ian Ga­o­be­pe, po­li­sie­woord­voer­der.

Die mans het toe die kluis met ’n hoek­sly­per oop­ge­kry en ’n pis­tool en ’n groot be­drag geld ge­buit waar­mee hul­le weg­ge­kom het.

Vol­gens De Ja­ger het die aan­val­lers Mie­na ook “een of t­wee keer ge­slaan en rond­ge­pluk”.

“Hul­le het die huis om­ge­keer en al­les om- en uit­ge­gooi.

“Die oom en tan­nie het so­wat vier uur daar vas­ge­bind ge­lê voor­dat een van hul­le hul­le kon los­wik­kel en hulp ont­bied.

“Die eg­paar is na ’n hos­pi­taal in Bloem­fon­tein ge­bring, maar is te­rug op die plaas.

“Dit gaan goed met hul­le. E­mo­si­o­neel gaan dit nie goed nie en hul­le is nog lyf­seer, maar hul­le is ver­der reg,” sê De Ja­ger.

Vol­gens hom het die eg­paar hul seun, Gie­lie, in P­re­to­ria ge­bel.

Hy het vrien­de op die dorp ge­kon­tak.

De Ja­ger sê die ge­bied se vei­lig­heids­plan is ge­ak­ti­veer. Die ge­bied is af­ge­sper om die groep aan­val­lers te pro­beer vas­trek.

By die po­li­sie en De Ja­ger se aan­koms op die to­neel het Mie­na in die kom­buis ge­lê en ’n be­bloe­de Bo­tha op die bed.

Po­li­sie­le­de, on­der wie le­de van die K9-een­heid, en De Ja­ger, ook ’n spoor­sny­er, het die aan­val­lers se spoor tot by die Bult­fon­tein-Hert­zog­vil­le-teer­pad ge­volg.

Ga­o­be­pe sê die Val­ke on­der­soek die voor­val.

Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Fo­to: BOE­RE KRISIS AK­SIE, FA­CE­BOOK

’n Be­bloe­de Giep Bo­tha (78) ná die aan­val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.