Zu­ma net vlug­tig by kie­sers ná sy vlieg­tuig ‘nie wil aan­ska­kel’

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

“Wan­neer jy stem, moet jy vir ’n par­ty stem wat vir jou ’n be­ter le­we kan bied en wat die land goed kan re­geer,” het p­res. Ja­cob Zu­ma gis­ter ge­sê.

Hy het aan die paar hon­derd men­se in ’n saal­tjie in Win­ter­veldt, noord van P­re­to­ria, ge­vra of e­ni­ge an­der par­ty be­hal­we die ANC al vir hul­le iets ge­doen het. “Niks!” het die saal in ’n koor ge­ant­woord.

“Men­se wat vir die ANC kwaad is, is kwaad om­dat hul­le nie mooi ver­staan hoe die ANC werk nie. Die ANC is ’n groot be­we­ging en hul­le er­ken dat hul­le soms fou­te maak, maar hul­le stel dit weer reg.”

Sy be­soek aan Win­ter­veldt sou aan­vank­lik ’n dag ge­duur het, maar was uit­ein­de­lik net ’n blits­be­soek om­dat hy nie be­tyds van U­gan­da af te­rug­ge­vlieg het P­re­to­ria toe nie.

Hy het daar die in­hul­di­ging van die her­ver­ko­se p­res. Yo­we­ri Mu­se­ve­ni by­ge­woon.

Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, hoof van die ANC se ver­kie­sings­veld- tog en mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, het aan­vank­lik aan die wag­ten­des ge­sê Zu­ma is laat om­dat sy pre­si­den­si­ë­le vlieg­tuig “nie wou aan­ska­kel nie”.

Zu­ma het la­ter ge­sê hy was laat om­dat daar nog “baie an­der lei­ers was wat met ons wou praat”.

Mo­ko­ny­a­ne het ge­sê die ANC het Zu­ma tot pre­si­dent ver­kies en nie­mand gaan hom daar ver­wy­der nie.

“As hul­le hom wil ver­wy­der, moet hul­le die ANC ook ver­wy­der.”

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

’n ANC­ en Zu­ma­on­der­steu­ner gis­ter in vol­le mon­de­ring in Win­ter­veldt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.