S­pan be­kyk glo Zu­ma se ‘uit­gang’

Beeld - - Nuus -

ver­ga­de­rings be­spreek word.

“Die ANC is ’n or­ga­ni­sa­sie. Hy sal die ver­slag be­spreek en be­slui­te neem.”

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het be­vind Zu­ma het ver­suim om die Grond­wet te “re­spek­teer, on­der­steun en ver­de­dig” toe hy nie vol­doen het aan adv. T­hu­li Ma­don­se­la, o­pen­ba­re be­sker­mer, se aan­be­ve­lings oor die ver­be­te­rin­ge aan sy wo­ning by N­kand­la nie.

Een pro­vin­sie, Gau­teng, het vroe­ër ’n be­roep op Zu­ma ge­doen “om die reg­te ding” te doen om die po­li­tie­ke ska­de wat daar­mee aan­ge­rig is, reg te stel.

Prof. Dirk Kot­ze, ’n po­li­tie­ke ont­le­der van U­ni­sa, sê Gau­teng het hom van Zu­ma ge­dis­tan­si­eer, maar hy het nog groot steun in an­der pro­vin­sies en by die vroue- en jeug­li­ga.

“Dit ver­klaar waar­om die NUK nog nie ’n dui­de­li­ke stand­punt oor Zu­ma in­ge­neem het nie.”

Vol­gens Kot­ze sal die op­po­si­sie N­kand­la en die Gup­tas waar­skyn­lik as ’n “pak­ket” teen Zu­ma in die ver­kie­sing ge­bruik. Sy “krisis-oom­blik” kan eg­ter kom wan­neer die te­sou­rie bin­ne­kort moet sê hoe­veel geld hy vir N­kand­la moet te­rug­be­taal.

’n Be­sluit moet ook ge­neem word oor of aan­klag­te ten op­sig­te van die so­ge­naam­de spi­oe­na­sie­ban­de weer teen hom in­ge­stel gaan word.

“As die aan­klag­te teen hom in­ge­stel word, is hy in ’n hoek. As die kwes­sie van N­kand­la en die aan­klag­te ont­plof en dit nie be­stuur kan word nie, is dit ’n taai tof­fie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.