Ar­no sê dis dalk nie haal­baar

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

0% is dalk ef­fens ver­ge­sog, 80% of 75% plaas­li­ke mu­siek sal meer re­a­lis­ties wees. Die san­ger Ar­no Car­stens sê hoe­wel hy dink dit is ’n “bril­jan­te plan” van die SAUK om plaas­li­ke mu­siek meer te on­der­steun, is 90% plaas­li­ke mu­siek op ra­di­o­sta­sies nie nood­wen­dig so haal­baar nie.

“In die al­ge­meen is dit bril­jant, maar ek kry die ge­voel hul­le oor­dryf ’n bie­tjie,” sê Car­stens, wat ook on­langs sy eer­ste A­fri­kaan­se en­kel­snit uit­ge­reik het.

Hy hoop die be­sluit gaan meer geld in kuns­te­naars se sak­ke be­te­ken.

Car­stens sê sy mu­siek word nie dik­wels oor die ra­dio ge­speel nie. “Soms word my lied­jies meer oor die ra­dio in B­rit- tan­je en A­me­ri­ka ge­speel. Dit is vreemd, maar ook goed so.”

Car­stens sê min lug­tyd oor die ra­dio be­te­ken nie min­der men­se woon kon­ser­te by nie. Hy meen die pro­duk­sie van plaas­li­ke mu­siek kan nog ver­be­ter en daar­om is bloot­stel­ling aan in­ter­na­si­o­na­le mu­siek baie no­dig.

“Om 90% plaas­li­ke mu­siek te speel, klink soos iets wat Noor­dKo­rea sal doen. Die te­o­rie van af­son­de­ring mag dalk kort­sig­tig wees, so ek glo die ant­woor­de op ons vrae lê dalk in die mid­del van hier­die dap­per en won­der­li­ke stap.”

Mag­da­leen Kru­ger, sta­sie­be­stuur­der van die SAUK-ra­di­o­sta­sie RSG, sê: “Die poel goeie A­fri­kaan­se mu­siek is nie so groot soos die poel min­der goeie mu­siek nie. So, ons sal moet diep gaan delf vir A­fri­kaan­se mu­siek van ho­ër ge­hal­te.”

Vol­gens haar is daar reeds ’n ge­mid­deld van 74% plaas­li­ke mu­siek op hul speel­lys.

“As spe­si­a­lis­mu­siek in spe­si­a­lis­pro­gram­me by­ge­re­ken word, dan trek dit ons sy­fer al hoe na­der aan 90%.”

Sy sê meer in­stru­men­te­le en nie­kom­mer­si­ë­le mu­siek sal op hul speel­lys in­ge­sluit word.

Meer snit­te van spe­si­fie­ke san­gers of groe­pe sal ook in­ge­sluit word.

“As die mu­siek­ba­sis ver­breed, gaan hul­le mu­siek hoor wat hul­le tot nou toe dalk nie ge­hoor het nie, of net in spe­si­a­lis­pro­gram­me. Die ge­vaar is dat daar dalk te veel her­ha­lings mag voor­kom, iets wat die luis­te-

Ar­no Car­stens

Mag­da­leen Kru­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.