Nog te­ë­spoed in hof vir vo­ri­ge lo­te­ry­o­pe­ra­teur

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Gi­da­ni, wat die na­si­o­na­le lo­te­ry van 2007 tot 2014 be­dryf het, het gis­ter sy so­veel­ste hof­ne­der­laag ge­ly in nóg ’n po­ging om sy op­vol­ger se kon­trak ter­sy­de te laat stel.

Gi­da­ni het in Fe­bru­a­rie in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria aan­soek ge­doen dat die mi­nis­ter van han­del en ny­wer­heid se be­sluit op 7 Au­gus­tus 2015 om die lo­te­ry-kon­trak aan It­hu­ba toe te ken, ter­sy­de ge­stel word.

Reg­ter Bil­ly Mothle het die aan­soek gis­ter met kos­te van die hand ge­wys.

Ver­teen­woor­di­gers van It­hu­ba het me­kaar daar­na in die hof om­hels, ’n sug van ver­lig­ting ge­slaak en breed ge­glim­lag.

Die li­sen­sie om die na­si­o­na­le lo­te­ry te be­dryf word vir ’n tyd­perk van vyf tot agt jaar toe­ge­ken. Die lo­te­ry is nou in sy der­de li­sen­sie­tyd­perk in Suid-A­fri­ka.

Die eer­ste keer het U­thin­go dit ge­had en daar­na Gi­da­ni.

Gi­da­ni het ver­skeie gron­de vir sy aan­soek aan­ge­voer, soos dat die be­sluit oor It­hu­ba ge­jaag was; dat die mi­nis­ter met hom (Gi­da­ni) moes on­der­han­del het; dat It­hu­ba swak ge­vaar het en dat It­hu­ba nie ge­noeg geld het om die lo­te­ry te be­dryf nie.

It­hu­ba het on­der meer te­rug­ge­kap dat sy week-tot-week-ver­ko­pe van lo­te­ry­kaart­jies meer as ver­dub­bel het in die eer­ste 24 we­ke as o­pe­ra­teur.

Mothle het in sy uit­spraak ge­sê hy aan­vaar dat It­hu­ba ge­noeg fi­nan­si­ë­le hulp­bron­ne het en dat It­hu­ba ge­skik is om die lo­te­ry te be­dryf.

Mothle het ge­sê Gi­da­ni het nie be­wys dat die mi­nis­ter on­reg­ma­tig op­ge­tree het toe hy die li­sen­sie aan It­hu­ba toe­ge­ken het nie.

Gi­da­ni wou die hof oor­tuig dat die mi­nis­ter nie an­der op­sies oor­weeg het nie, naam­lik om sy (Gi­da­ni se) voor­leg­ging om weer o­pe­ra­teur te word, te aan­vaar.

Mothle het ge­sê hy kan geen me­rie­te in Gi­da­ni se hof­aan­soek vind nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.