Wet­ma­ker ge­voel­loos, sê Jan­sen in ap­pèl Reg­ter vaar uit oor 6­ja­ri­ge se ver­krag­ting

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Reg­ter Ma­bel Jan­sen het wet­ma­kers ver­le­de jaar in ’n uit­spraak van ge­voel­loos­heid be­skul­dig om­dat daar voor­heen skyn­baar geen ag ge­slaan is op die e­mo­si­o­ne­le ska­de wat ver­krag­ting en on­se­de­li­ke aan­ran­ding aan­rig nie.

Sy het haar in Ok­to­ber in ’n stra­f­ap­pèl oor die uit­wer­king van dié mis­da­de uit­ge­spreek.

Jan­sen is op spe­si­a­le ver­lof na­dat ’n klag van ras­sis­me by die Reg­ter­li­ke Diens­kom­mis­sie (RDK) teen haar in­ge­dien is.

Dit kom ná haar uit­la­tings teen­oor die ak­ti­vis en joer­na­lis Gil­li­an S­chut­te oor swart mans en ver­krag­ting. Sy het on­der meer aan S­chut­te ge­sê ver­krag­ting is deel van swart mans se kul­tuur.

Jan­sen het in Ok­to­ber ’n 64ja­ri­ge man van Her­cu­les in P­re­to­ria-Wes se ap­pèl teen sy skul­dig­be­vin­ding en von­nis van die hand ge­wys. In die uit­spraak word die man se van ge­noem, wat van Eu­ro­pe­se oor­sprong is, maar nie sy naam nie. Die man het sy dog­ter in 2002 ver­krag toe sy ses jaar oud was en 20 kg ge­weeg het.

Hy het haar vol­gens die Straf­reg­wy­si­gings­wet van 1997 toe ook on­se­de­lik aan­ge­rand.

’n Streek­land­dros het die man tot 15 jaar tronk­straf vir ver­krag­ting ge­von­nis en tot on­der­skei­de­lik agt jaar en vier jaar tronk­straf op die t­wee aan­klag­te van on­se­de­li­ke aan­ran­ding. Die land­dros het ook be­veel dat die von­nis­se ge­lyk­lo­pend uit­ge­dien word.

Jan­sen het in die ap­pèluit­spraak ge­sê die wet het be­paal dat wan­neer fi­sie­ke ska­de be­wys kan word in ge­val­le van on­se­de­li­ke aan­ran­ding, ’n mi­ni­mum van tien jaar tronk­straf voor­ge­skryf is.

Sy het ge­sê ’n mens kan net won­der oor die ge­we­ten­loos­heid van die wet­ge­wer, wat skyn­baar nie ag ge­slaan het op die e­mo­si­o­ne­le ska­de wat deur ver­krag­ting en on­se­de­li­ke aan­ran­ding ver­oor­saak word nie, want al­bei mis­da­de is ewe trau­ma­ties en e­mo­si­o­neel af­bre­kend. Die wet het in­tus­sen ver­an­der.

Jan­sen het vol­gens die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria se hof­rol­le nie straf­ver­ho­re aan­ge­hoor se­dert sy as reg­ter op 1 De­sem­ber 2013 aan­ge­stel is nie.

Sy het wel stra­f­ap­pèl­le van men­se wat van ver­skil­len­de mis­da­de aan­ge­kla is, saam met an­der reg­ters aan­ge­hoor.

Se­dert haar aan­stel­ling is sy voor­sit­ten­de be­amp­te by si­vie­le ver­ho­re, drin­gen­de aan­soe­ke, si­vie­le ap­pèl­le en on­be­stre­de en be­stre­de hof­aan­soe­ke.

By tal­le van dié sa­ke is maat­skap­pye, be­slo­te kor­po­ra­sies en o­pen­ba­re in­stel­lings be­trok­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.