S­ko­te klap toe sy in Vu­wa­ni wil werk

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Ge­weld het Don­der­dag­mid­dag weer in die Vu­wa­ni-streek in Lim­po­po, waar 24 sko­le on­langs af­ge­brand is, uit­ge­breek.

Pi­ma­ni Ba­loyi, ’n joer­na­lis van SAUK-ra­dio, is by­na deur ’n groep boos­wig­te ge­kaap.

Sy was in die Vu­wa­ni-streek om ver­slag te doen toe t­wee s­ko­te op haar mo­tor ge­skiet is.

Die reg­ter­voor­wiel is stuk­kend ge­skiet en die twee­de koe­ël het in die en­jin­kap vas­ge­slaan.

Sy kon daar­in slaag om weg te kom en is on­ge­deerd.

“Ek het groot ge­skrik, maar ge­luk­kig niks oor­ge­kom nie.”

In nog ’n voor­val is ’n mo­tor van Ci­ty P­ress met klip­pe be­stook. Po­lo­ko Tau, ’n joer­na­lis van dié Son­dag­koe­rant, het ge­sê die Ford Fi­go het baie dui­ke en een van die ag­ter­ven­sters is met klip­pe stuk­kend ge­gooi. Ci­ty P­ress be­rig in­wo­ners het op­roe­rig ge­raak om­dat hul­le on­te­vre­de is oor po­li­sie­klop­jag­te by hul hui­se. In Vy­e­boom na­by Vu­wa­ni het in­wo­ners selfs slo­te in paaie ge­gra­we so­dat mo­tors nie kan in- of uit­ry nie.

Bel­ha­mels het in die be­bos­te ge­bied weg­ge­kruip en klip­pe na mo­tors ge­gooi. Die klip­gooi­ers het ag­ter bos­se langs die pad tus­sen E­lim en Vu­wa­ni ge­skuil.

Ver­skeie mo­tors is be­ska­dig.

Die po­li­sie het met rub­ber­koe­ëls op die op­roer­ma­kers ge­skiet, po­li­sie-N­ja­las het heen en weer ge­jaag en die o­pen­ba­re­or­de-een­heid het pro­beer or­de s­kep.

Kol. Ronél Ot­to, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê ’n groot ge­tal po­li­sie­le­de sal in die ge­bied bly tot die si­tu­a­sie ver­be­ter. In­tus­sen ver­ga­der mi­nis­ters,

Pi­ma­ni Ba­loyi, ’n SAUK­ra­di­o­joer­na­lis, is by­na in die Vu­wa­ni­streek ge­kaap.

Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid, rol ’n klip uit die pad in Vu­wa­ni.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.