VSA, EU stap uit in­hul­di­ging

Beeld - - Nuus - – AP, AFP

Ra­tu, ’n 14­ja­ri­ge Su­ma­traan­se re­nos­ter by haar pas­ge­bo­re kal­fie in die Su­ma­traan­se re­nos­ter­sen­trum in die Way Kam­bas­park in In­do­ne­sië. Dit is Ra­tu se twee­de klein­tjie. Die eer­ste is so­wat vier jaar ge­le­de ge­bo­re. Ra­tu be­te­ken “ko­nin­gin” in In­do­ne­sië. Washing­ton. – Die A­me­ri­kaan­se af­vaar­di­ging het uit die in­hul­di­ging van Yo­we­ri Mu­se­ve­ni as pre­si­dent van U­gan­da ge­stap.

Die re­de was Mu­se­ve­ni se af­bre­ken­de kom­men­taar op die In­ter­na­si­o­na­le Straf­hof en die teen­woor­dig­heid van p­res. O­mar al-Ba­sjir van die Soe­dan wat deur die hof aan­ge­kla word van men­se­reg­te­sken­dings in die Dar­foer-streek.

E­li­za­beth Tru­deau, woord­voer­der van die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van bui­te­land­se sa­ke, het ge­sê die A­me­ri­kaan­se am­bas­sa­deur en ’n A­me­ri­kaan­se amp­te­naar het Woens­dag saam met ver­skeie Eu­ro­pe­se di­plo­ma­te uit­ge­stap.

Mu­se­ve­ni het die hof in sy toe­spraak “’n klomp nut­te­lo­se men­se” ge­noem en ge­sê hy steun dit nie meer nie.

Die VSA het hom eer­gis­ter sterk uit­ge­spreek daar­teen dat U­gan­da Al-Ba­sjir ont­vang het.

“Die VSA het sy me­ning oor O­mar al-Ba­sjir se rei­se baie dui­de­lik ge­maak. Ons is ont­steld daar­oor dat Al-Ba­sjir na U­gan­da kon reis,” het Tru­deau ge­sê.

Lan­de is ver­on­der­stel om aan­ge­klaag­des op hul grond­ge­bied in heg­te­nis te neem, maar A­fri­ka-lei­ers skop toe­ne­mend daar­teen.

“Mu­se­ve­ni het af­bre­ken­de kom­men­taar op die In­ter­na­si­o­na­le Straf­hof voor die gas­te, on­der wie staats­hoof­de, ge­maak,” het Tru­deau ge­sê.

“Uit be­swaar teen Al-Ba­sjir se teen­woor­dig­heid en die uit­la­tings oor die hof, het die VSA se af­vaar­di­ging saam met ver­teen­woor­di­gers van die Eu­ro­pe­se U­nie en Ka­na­da uit­ge­stap.”

Fo­to: REUTERS

P­res. Ja­cob Zu­ma en p­res. O­mar al­Ba­sjir van die Soe­dan by die in­hul­di­ging van p­res. Yo­we­ri Mu­se­ve­ni in Kam­pa­la, U­gan­da.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.