K­lein Vi­o­let bring troos ná ramp­vlug

Beeld - - Nuus - – AP

Syd­ney. – ’n Aus­tra­lie­se paar­tjie wie se drie kin­ders dood is toe Ma­lay­sia Ai­r­li­nes se vlug 17 in die Oe­kra­ï­ne neer­ge­skiet is, het hul nu­we ba­ba ver­wel­kom en sê haar ge­boor­te gee hul­le die ge­loof dat lief­de oor haat tri­om­feer.

An­tho­ny Mas­lin en Ma­ri­te Nor­ris van Perth sê die koms Dins­dag van hul dog­ter Vi­o­let May Mas­lin het vir hul­le “lief­de en lig, hoop en vreug­de” ge­bring ná t­wee jaar van s­mart oor die ver­lies van hul drie kin­ders.

Mo (12), E­vie (10) en O­tis (8) is dood saam met hul ou­pa, Nick Nor­ris, toe vlug 17 in Ju­lie 2014 in die oos­te­li­ke Oe­kra­ï­ne deur ’n mis­siel neer­ge­skiet is.

Toe het die paar­tjie ge­sê hul­le leef in ’n “nim­mer­ein­di­gen­de hel”.

Hul­le het in ’n ver­kla­ring wat Don­der­dag deur die Aus­tra­lie­se de­par­te­ment van bui­te­land­se sa­ke uit­ge­reik is, ge­sê hul­le glo Vi­o­let is ’n ge­skenk wat E­vie, Mo, O­tis en Nick vir hul­le stuur.

“Vi­o­let se ge­boor­te is ’n tes­ta­ment van ons ge­loof dat lief­de ster­ker is as haat.

“Ons leef steeds met pyn, maar Vi­o­let, en die we­te dat al vier kin­ders al­tyd met ons is, bring lig na ons duis­ter­nis.

“Soos Mar­tin Lut­her King ge­sê het: ‘Duis­ter­nis kan nie duis-

Beeld

ter­nis ver­dryf nie; net die lig kan dit doen. Haat kan nie haat uit­dryf nie; net lief­de kan.’ ”

’n Ne­der­land­se bur­ger­li­ke on­der­soek het vas­ge­stel dat die vlieg­tuig neer­ge­skiet is deur ’n Sow­jet-ont­werp­te Buk-mis­siel.

Al 298 men­se aan boord is dood.

Mas­lin en Nor­ris skryf: “Vi­o­let bring vir ons hoop en vreug­de. Ons hoop sy bring dit vir jul­le ook.”

13

Fo­to: AP

Vi­o­let May Mas­lin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.