’n Ou kan jou da­rem erg kap in Kaaps

Beeld - - By - Prof. Small is ’n dig­ter.

Ek het Kaaps, of­te­wel Kaap­se A­fri­kaans, oor die ja­re voor­ge­staan as vol­waar­di­ge taal. Tuis praat Ro­sa­lie en ek Kaaps: soms eg Kaap­se “stan­daard”, soms nie! En ook ge­wo­ne S­tan­daard­a­fri­kaans; en ook En­gels.

Dis ’n ple­sier om so tus­sen die ta­le te be­weeg. Dis ook be­hulp­saam om men­se in hul eie le­wens­mil­ieu te er­vaar. Ver­keer in Kaaps was ons nog nooit tot na­deel nie, net ver­ry­kend. Maar dit het my dik­wels ook van my hoog­te­tjie af ge­stoot. ’n S­taal­tjie of t­wee ver­tel dit al­les:

Op ’n keer, ’n klom­pie ja­re ge­le­de, stap ek in Wyn­berg na­by Kaap­stad, en word skie­lik aan­ge­praat deur ’n kê­rel van­uit ’n sy­straat. Hy vra my luid vir geld . . .

Nou moet ek eers ver­dui­de­lik dat ek nie ’n man vir baard is nie – ek het maar ’n raps daar­van, ’n k­lein snor­re­tjie op my bo­lip!

Ek sê toe vir die hoop­vol­le aal­moes­soe­ker, jam­mer, ek hét nie geld nie, en hou my hand­palms oop boon­toe. B­lit­sig ant­woord hy my, in per­fek­te Kaaps: “Dan ghwaan” (dis nou En­gel­se “go on”), “loep dan, djy moet djou moes­tas­sie soes Hit­ler!” – ’n ver­ag­ten­de kyk in sy oë. Ver­ma­le­dy­de ek! (“O cur­sed spi­te, that e­ver I was born to know Kaaps”!)

Die kwink­slae van Kaaps is gees­tes­goed om aan­ge­hoor te word. Ek ver­keer nie daar­mee soos ’n eer­bied­waar­di­ge na­vor­ser nie: Dít sou al­les goed­koop maak. Lie­wers er­vaar ek die din­ge mens­lik, op vloer­vlak.

’n An­der Kaap­se taal­pê­rel wat in my skoot kom val het, wéér tot ver­leent­heid, was met K­ris­mis, een De­sem­ber. Ek was op P­rin­ce Ge­or­ge-ry­laan in hier­die waat­le­moen-en-span­spek­tyd van die Kaap. Ek hou stil by ’n pad­stal­le­tjie met lief­li­ke waat­le­moe­ne, lang­wer­pi­ges en ron­des, mooi grow­we­skil-span­spek­ke, en dies meer.

Die smous­man groet my hoop­vol, en prys sy vrug­te: “Wa­ter­me­lons, just the very be­st for you, sir!” Ek sê hom da­de­lik ek neem hom sy En­gels kwa­lik – en hy ver­vat op die daad in Kaaps: “Me­nee’ kan­nie bie­te­re kry nie, north, south, e­ast or west!” (Nog steeds te veel En­gels, maar ek sê maar niks.) Ek knik hof­lik ter­wyl hy om my trip­pel, en ek be­gin be­lang stel in ’n mooi lang­wer­pi­ge waat­le­moen. “Dís ’n mooie,” sê ek, min ver­moe­dend wat nog kom!

“Djy’s reg, mis­te,” sê hy, en met sy knip­mes (wat daar op ’n ban­kie ge­lê het), sny hy ’n drie­hoe­kie in die waat­le­moen se skil (’n ou prak­tyk wat wys hoe lek­ker rooi­ryp die vrug se bin­ne­kant is). “Ky­raa!” (“Kyk daar!”) Hy moe­dig my aan. Nou maar goed, gee ek toe: “Hoe­fil is­sit?” (pro­beer ek op sy Kaaps ver­be­ter).

Hy noem sy prys. Ek hui­wer en sê: “Dis da­rem hóóg, man!”

Hy kyk my half ver­ont­reg Gra­fi­ka: HANLIE MALAN aan, maar her­stel vin­nig van sy kam­ma-ver­stom­ming, en sê neer­bui­gend: “Ag new­wer­maaind, me­nee’, dis ô­l­raait. Ons ver­staan mos me­kaa’. As me­nee’ nie nou ge­noeg het in me­nee’ se sak vi’ be­taal nie, kan ons ’it vei­lig vi’ me­nee’ bê­re. Me­nee’ kan dan wiek­liks ’n do­wn pay­ment maak. So ly­baai dit!”

Wéér het ek ge­voel ek het ’n hou op die krop weg . . .

Tuis het Ro­sa­lie oor my we­der­va­ring ge­lag. Wát, het sy te­reg ge­dink, kon ek tog án­ders ver­wag.

Ons het toe weer so ’n bie­tjie oor Kaaps en sy ma­nie­re be­sin, ook oor die op­win­den­de in­kon­se­kwent­heid van spel­ling: “Dis in elk ge­val jý wat Kaaps so voor in die ry van ons taal­ge­bruik ge­trek het!” het sy ge­sê.

Een van die mooi­ste sto­ries uit my skat­kis, ook van­weë die “dra­ma­tis per­so­nae”, is my laas­te wa­re sto­rie van van­dag.

’n On­der­wy­ser van my in st. 3 van die ou dae (nou gr. 5), me­neer Pe­ter Le­win (hy’t skool­ge­hou by Blou­vlei P­ri­mêr in Retre­at in die Suid-S­kier­ei­land), gaan trou toe uit­ein­de­lik met sy A­li­da, ’n me­de-leer­krag. (Le­win was die man wat my heel eer­ste, in daar­die ein­ste st. 3, op die pad van die fi­lo­so­fie ge­plaas het; dis iets vir ’n an­der dag.) Hoe ook, in ons voor­stad, waar al­les gou be­kend ge­raak het en waar Le­win baie be­kend was, was die op­win­ding groot: Mis­ter Li­wien gaan trou!

Op ’n mid­dag, net ná die troue, was hy op pad huis toe, toe ’n op­ge­rep­te ou­er hom te­ë­kom, en sy stop hom in al­le erns. Hy was iet­wat uit die veld ge­slaan, en be­sorgd. Was daar iets ver­keerd?

“Ag, mis­te’ Li­wien,” sê sy toe (en sê sy naam op Kaaps), “har­te­lik ge­luk met die wed­ding. En wat is mis­te’ Li­wien se ge­trou­de van nou?”

Pe­ter was gróót ver­lig, en het haar ge­rus ge­stel: “Me­vrou,” het hy kal­me­rend ge­sê, “ek is da­rem nog al­tyd Le­win!” )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.