Ont­dek won­der­land in Tank­wa­Ka­roo

Beeld - - By -

Ons was by A­fri­kaBurn.

’n Ge­skok­te stil­te. “O, is dit die plek waar men­se so vreemd aan­trek? Mans in tu­tu’s! Dis mos net nie reg nie.”

“Daar is niks geld nie, jy mag net uit­ruil,” sê ’n an­der. “Dis net vuil hip­pies en wei­r­do’s wat soon­toe gaan.”

Hul­le kyk na my, op soek na ant­woor­de, en vir my om te be­ves­tig wat hul­le nou net ge­sê het. Maar die vrae hang in stil­te in die lug. Ek weet werk­lik nie wat om te sê nie. As ek eers gaan be­gin ver­dui­de­lik, gaan dit dalk net nog vreem­der klink.

Want hoe ver­dui­de­lik jy ’n won­der­wê­reld? Wat slegs vir ’n week be­staan in die mid­del van die Tank­wa-Ka­roo?

Ek is nie ’n hip­pie nie (ons praat nou nie van die dae toe ek as dra­ma­stu­dent ve­re in my ha- re ge­dra het en my ar­me ma in tra­ne was oor my kle­re­drag nie). Nie een van my vrien­de is wei­r­do’s nie. Al­mal is hard­wer­ken­de pro­fes­si­o­ne­le men­se. Mees­te met kin­ders.

Maar hoe ver­dui­de­lik jy ’n won­der­wê­reld? Waar tem­pe­ra­tu­re wis­sel van die on­ge­naak­ba­re warm son tot ys­koue nag­te? Met net ’n tent? En long drops? En jy gaan soon­toe uit vrye keu­se?

Dis ’n keu­se. Soos A­li­ce in haar won­der­land. En Neo in sy ma­trix. Om die vei­li­ge wê­reld wat jy ken, te los en ’n an­der een te er­vaar. Dis nie mak­lik nie. En dis nie ver­on­der­stel om mak­lik te wees nie. “The ca­ve you fe­ar to en­ter, holds the tre­a­su­re you seek,” het die wê­reld­be­ken­de mi­to­loog Jo­seph Camp­bell ge­sê. Dis in­der­daad so.

Want wie is jy werk­lik as jy nie in jou be­ken­de wê­reld is nie? As jy nie ge­de­fi­ni­eer word vol­gens be­roep, fi­nan­si­ë­le sta­tus, as ou­er, as man of vrou nie?

Vir die paar dae in die Tank­wa-Ka­roo maak hier­die de­fi­ni­sies nie saak nie. Jy word nie in ’n boks ge­plaas nie. Daar is an­der re­ëls wat tel.

Een­vou­di­ge re­ëls. Jy is ver­ant­woor­de­lik vir jou eie ge­mors. Nie­mand tel ag­ter jou op nie. Daar is geen geld of ruil­stel­sel nie. Jy mag net gee en niks te­rug ver­wag nie (geen uit­rui­ling nie). Jy kan e­nig­iets gee, of dit nou in die vorm van kos, ’n k­lein ge­sken­kie of jou tyd is. On­voor­waar­de­li­ke aan­vaar­ding. Sa­me­ho­rig­heid. En dit op sig­self s­kep ’n vei­li­ge ha­we om te kan wees wie jy nie al­tyd toe­laat (of toe­ge­laat word) om te wees nie.

En dis waar­om men­se kle­re dra wat jy nie al­dag op straat sal sien nie. Dis ’n ui­ting van kre­a­ti­wi­teit. Want jy mag. En jy kan. En dis heer­lik. En vry. Die sorg­loos­heid is aan­steek­lik. Die kre­a­ti­wi­teit is ma­gies op die an­ders ver­la­te vlak­te. Oral staan mas­sie­we kuns­wer­ke. Aan die mees­te word al ’n jaar lank ge­werk en ge­bou – om net weer ver­brand te word. In ’n groot se­re­mo­nie waar al­mal by­me­kaar­kom en toe­kyk. Dit vorm ’n een­heid tus­sen vreem­de­lin­ge en her­in­ner ons aan die ba­sie­se be­hoef­te van mens­wees – om te bind.

Ek hou van my ge­rie­we. Ek is de­fi­ni­tief nie ’n kamp­mens nie. Maar vol­gen­de jaar pak ek weer ’n tent op. Met ’n kroon ge­maak van skoen­lap­pers op my kop.

Want ek wil my A­li­ce her­ont­dek in won­der­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.