Met ’n hom­mel­tui­gie tot on­der die see

Beeld - - Leefstyl - IBub­ble word be­skryf as die wê­reld se eer­ste ou­to­no­me duik­hom­mel­tuig.

Die af­ge­lo­pe De­sem­ber was daar ver­moe­de­lik in el­ke kus­dor­pie min­stens een ou wat ’n oor­las van hom­self ge­maak het deur met sy hom­mel­tuig rond te zoem en in goed vas te vlieg.

Wel, daar is nog sleg­te nuus: jy kry nou al dreun­tui­gies wat kan swem ook, so jy sal nie meer kan ont­snap deur bloot in die bran­ders te duik nie.

Trou­ens, jy kry al ma­sjie­ne wat kan vlieg én on­der die wa­ter as­ook op die op­per­vlak kan rond­be­weeg.

So is daar by­voor­beeld die A­me­ri­kaan­se Oak­land U­ni­ver­si­ty se Loon Cop­ter, of die T­hai­se Qu­adH20, wat dank­sy sy wa­ter­dig­te romp op die wa­ter kan land en daar­op dryf ter­wyl sy ka­me­ra af­neem wat on­der die wa­ter aan­gaan.

Maar as jy iets soek wat saam met jou kan gaan sku­ba­duik en oo ho­ë­ge­hal­te-vi­deo kan neem, is die iBub­ble (ibub­ble.ca­me­ra) dalk die reg­te ant­woord.

An­ders as die mees­te soort­ge­ly­ke pro­duk­te waar­mee on­der­wa­ter-en­toe­si­as­te ge­terg word, kan die iBub­ble nou al be­stel word, al is le­we­ring eers teen Ju­nie vol­gen­de jaar.

Die iBub­ble word be­skryf as die wê­reld se eer­ste ou­to­no­me duik-hom­mel­tuig en kan jou on­der wa­ter volg en vi­deo neem son­der dat jy te veel hoef te doen of jou te be­kom­mer dat jou toe­rus­ting be­ska­dig kan word.

Die iBub­ble is ’n hul­sel of dop waar­in e­ni­ge van ’n ver­skei­den­heid ak­sie-vi­de­o­ka­me­ra’s pas, in­slui­tend GoPro se He­ro.

Dit werk saam met ’n arm­band wat aan die dui­ker se pols ge­dra kan word so­dat die iBub­ble al­tyd sy mees­ter se po­si­sie weet. Die iBub­ble het sy eie ka­me­ra­lig wat ou­to­ma­ties aan­pas by die toe­stan­de so­dat die vi­de­o­ge­hal­te al­tyd so goed moont­lik is, en kan son­der pro­ble­me tot 70 m on­der die wa­ter ge­bruik word.

Dank­sy ’n suk­ses­vol­le fi­nan­sie­rings­veld­tog op In­die­go­go (daar is nog so ’n week oor, maar by­na dub­bel die tei­ken­be­drag is reeds in­ge­sa­mel) kan die iBub­ble nou al be­stel word.

Die klein­han­dels­prys is tans $2 200 (so­wat R33 000), maar be­stel­lings word aan­vaar vir ’n de­po­si­to van $699 plus nog $799 met af­le­we­ring, vir ’n to­taal van net min­der as $1 500 (so­wat R23 000).

Die ba­sie­se prys sluit ’n bat­te­ry en her­laai­er in, maar daar is ook duur­der op­sies wat ’n GoPro in­sluit.

Die bat­te­ry is goed ge­noeg om jou vir ’n uur of wat te volg, sê die ver­vaar­di­gers.

En as die bat­te­ry am­per ont­laai is, vat die iBub­ble hom­self na die op­per­vlak so­dat hy daar op­ge­pik kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.