Ver­ken Gol­den Ga­te se klo­we

Men­se wat lief is vir stap, kan uit­sien na ’n nu­we a­von­tuur wan­neer die Gol­den Ga­te High­lands-stap­roe­te la­ter van­jaar in die Oos­Vry­staat o­pen.

Beeld - - Leefstyl - LIENTJIE MENTZ @Lien­tjieM

’NGroe­pie s­tap­pers van stap­klubs in Gau­teng, die Vry­staat en K­waZu­lu-Na­tal het ver­le­de maand die ge­leent­heid ge­had om so­wat 10 km van ’n nu­we roe­te se eer­ste dag te stap.

Die roe­te is die af­ge­lo­pe paar maan­de uit­ge­lê en be­vei­lig deur Albert Bos­sert, pro­jek­be­stuur­der van die Voet­slaan­or­ga­ni­sa­sie van Sui­der-A­fri­ka. Geld vir die nu­we roe­te is in­ge­sa­mel deur die E­re­veld­wag­ters van die Vry­staat en K­waZu­lu-Na­tal.

Daar is tal­le dag­stap­roe­tes by Gol­den Ga­te, as­ook die be­ken­de en uit­da­gen­de K­lip­sprin­ger-twee­dagroe­te.

Albert gee met die nu­we roe­te aan voet­sla­ners toe­gang tot voor­heen on­be­ken­de klo­we en wa­ter­val­le.

Die plan is dat s­tap­pers by die Rib­bok­hut oor­slaap en met die hut as ba­sis die t­wee dae on­der­skei­de­lik met dag­stap­rug­sak­ke stap. Die oor­nag­plek kan eg­ter nog ver­an­der so­dra die he­le roe­te ge­fi­na­li­seer is.

Die groep toets­stap­pers het die og­gend be­gin stap by die Wil­ge­hof­sen­trum in Gol­den Ga­te, ver­by die be­graaf­plaas en oor die K­lein-Ca­le­don­ri­vier. Hier het hul­le die eer­ste keer te doen ge­kry met die eer­ste van tal­le nu­we brûe en le­re wat Albert en sy s­pan op die roe­te op­ge­rig het.

Van hier loop die roe­te oor die teer­pad teen ’n prag­ti­ge kloof op.

Die laas­te ent van dié voet­pad is vir s­tap­pers ste­wig ge­maak met le­re teen Sur­pri­ze-wa­ter­val op.

In­dien die s­tap­pers wel by die Rib­bok­hut oor­nag, sal die roe­te deur die kloof na Sur­pri­ze-wa­ter­val aan die ein­de van die eer­ste dag ge­stap word.

Ons het nie al die pad tot by die Rib- bok­hut ge­stap nie, maar by die roe­te aan­ge­sluit soos wat ’n mens dit aan die be­gin van Dag 1 sou stap: Teen die berg af, oor die teer­pad en aan­ge­sluit by die roe­te deur E­land-vlak­te. Van hier lei die roe­te deur nog ’n prag­ti­ge kloof met tal­le wa­ter­val­le, soos die Koe­na-wa­ter­val en die Gol­den Ga­te-wa­ter­val. Een van die lek­ker uit­da­gings is die S­quee­ze wat s­tap­pers oor tal­le brug­gies deur ’n nou klip­ra­fyn oor ’n stroom neem voor­dat jy die reu­se­hol­krans by die Half May­fern Ci­r­cle be­reik. Van hier klim s­tap­pers die kloof uit en gaan met ’n brug­gie tot aan die oor­kant­ste berg, bo-oor, voor­dat daar met ’n sig-sag-pad weer af­ge­daal word tot vlak­by Wil­ge­hof. Die plan is dat die twee­de dag van die roe­te na die prag­ti­ge Cat­he­dral­wa­ter­val sal lei, waar­heen ’n gids s­tap­pers sal moet ver­ge­sel. Die nu­we Gol­den Ga­te­stap­roe­te gaan be­slis ’n groot aan­wins wees vir s­tap­pers wat ’n bie­tjie meer tyd in dié SANPar­ke-park van oor die 11 600 hek­taar wil deur­bring. Dit sal s­tap­pers ook ’n be­ter ge­leent­heid bied om van die wild in die park, soos e­lan­de, die wil­de­kal­koen, die o­ri­bie en die lam­mer­g­ei­er, van na­der te sien.

Fo­to’s: LIENTJIE MENTZ

S­tap­pers het on­langs die eer­ste deel van ’n nu­we stap­roe­te in die Gol­den Ga­te­ Na­si­o­na­le Park gaan stap.

Die Gol­den Ga­te­wa­ter­val is een van ve­le op die roe­te.

Koos Vor­ster van die K­waZu­lu­Na­tal­se E­re­veld­wag­ters pak die lang reeks le­re aan.

'n E­land­spoor dui die stap­roe­te aan.

Albert Bos­sert het die roe­te uit­ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.