KERRIEPATAT­EN­WOR­TEL­SOP

Beeld - - Leefstyl - Jy be­no­dig (ge­noeg vir 8): Laat waai!

’n Pot­jie en ’n vuur doen goeie werk wan­neer dit by sop­kook kom. Dié staat­ma­ker­re­sep werk lek­ker as ’n in­druk­wek­ken­de voor­hap­pie vir ’n ge­braai­de drie­gang­maal­tyd.

Die spe­si­a­le stuk toe­rus­ting wat ek ge­bruik om die re­sep ’n be­son­de­re suk­ses te maak, is ’n koord­lo­se staaf­men­ger. So­dra die in­houd van die pot­jie gaar is, ge­bruik jy die staaf­men­ger om die stuk­kies groen­te in ’n glad­de sop te om­skep net daar op die vuur. An­der­sins ge­bruik jy ’n dood­ge­wo­ne aar­tap­pel­druk­ker om jou sop ’n ef­fens an­der teks­tuur te gee, maar die­self­de won­der­li­ke smaak. 50 ml o­lyf­o­lie 1 ui, ge­kap 25 ml vars gem­mer (stuk van om­trent 5 cm, fyn­ge­ras­per) 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap 25 ml ma­ti­ge ker­rie­poei­er 1 tee­le­pel fyn kol­jan­der 1 tee­le­pel fyn ko­myn 2 mid­del­slag­pa­tat, ge­skil en in blok­kies ge­sny 4 groot wor­tels, ge­skil en in stuk­ke ge­sny 2 kop­pies goeie hoen­der­ of groen­te­af­trek­sel 1 kop­pie wa­ter sap van 1 suur­le­moen 25 ml ge­kap­te vars kol­jan­der vars­ge­maal­de sout en swart­pe­per 1 hou­er suur­room (of crè­me fraî­che) 1. Ver­hit die o­lie in ’n pot­jie op die vuur en braai die ui vir 4 mi­nu­te. Voeg die gem­mer en knof­fel by en braai vir nog ’n mi­nuut. 2. Gooi al die spe­se­rye by en braai vir om­trent 1 mi­nuut tot­dat dit on­ge­loof­lik ruik. 3. Roer die pa­tat en die wor­tel by en maak se­ker al­les meng deeg­lik met die spe­se­rye. 4. Giet die af­trek­sel en wa­ter by, kry dit rus­tig aan die prut en sit die dek­sel op. Laat om­trent 45 mi­nu­te prut tot­dat al­les gaar en heel­te­mal sag is. Jy kan el­ke nou en dan die dek­sel op­lig en loer om se­ker te maak din­ge kook nie droog nie, maar dit is hoogs on­waar­skyn­lik. Soos ge­woon­lik, as dit wel ge­beur, gooi nog wa­ter by. 5. So­dra al­les or­dent­lik gaar en sag is, haal die dek­sel af en ge­bruik jou staaf­men­ger of aar­tap­pel­druk­ker om die in­houd van die pot­jie in ’n sop te ver­an­der waar­van al­les die­self­de teks­tuur het. As die sop te dik is, gooi wa­ter by. 6. Roer die suur­le­moen­sap en kol­jan­der by. Proe en geur met sout en pe­per. 7. S­kep op met ’n groot le­pel vol suur­room of crè­me fraî­che in el­ke sop­bak­kie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.