High­lan­ders wurg Cru­sa­ders

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Du­ne­din. – Af­ge­ron­de, teen­aan­val­len­de rug­by was Vry­dag weer ’n wen­re­sep in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks.

Die High­lan­ders het met min ge­bieds­voor­deel en nog min­der be­sit ’n uit­ste­ken­de oor­win­ning van 34-26 oor die Cru­sa­ders be­haal.

Daar word baie ge­praat oor hoe span­ne op die voor­voet moet wees om wel­slae te be­haal, maar dit is die so­veel­ste keer as ’n mi­te uit­ge­wys.

Met slegs 35% be­sit, het die High­lan­ders vyf keer die Cru­sa­ders se doel­lyn oor­ge­steek.

Hul ste­wi­ge ver­de­di­ging het die Cru­sa­ders voort­du­rend on­der druk ge­plaas. Dit het ge­lei tot om­ge­keer­de be­sit wat hul­le mee­do­ën­loos uit­ge­buit het. Pun­te­ma­kers: High­lan­ders 34: Drieë: Wai­sa­ke Na­ho­lo (2), Matt Fad­des (2), Li­am S­qui­re. Doel­skop­pe: Li­ma So­po­a­ga (3). Straf­doel: So­po­a­ga Cru­sa­ders 26: Drieë: Jor­dan Tau­fua, Is­rael Dagg. Doel­skop­pe: Ri­chie Mo’un­ga (2). Straf­doe­le: Mo’un­ga (4).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.