Brum­bies bal­jaar teen Re­bels

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Mel­bour­ne. – On­danks ’n wis­sel­val­li­ge ver­to­ning deur Ro­han Hoff­mann, die s­keids­reg­ter, het die Brum­bies Vry­dag ge­noeg skiet­goed ge­had om die Re­bels met 30-22 in hul Su­per­rug­by­wed­stryd te klop.

Chris­ti­an Le­a­li­i­fa­no, die Brum­bies-los­ska­kel, het ’n om­stre­de drie in die eer­ste helf­te ge­druk na­dat dit ge­lyk het as­of daar ’n vo­ren­toe-aan­gee was. In die twee­de helf­te is die plaas­ver­van­ger­stut Al­lan Alaal­a­toa van ’n drie ont­neem ná ’n aan­slaan.

Die Re­bels se gees­drif het die Brum­bies ont­wrig, maar die Brum­bies se ver­moë om ge­reeld die doel­lyn oor te steek het, het hul­le voort­du­rend in be­heer ge­plaas.

Le­a­li­i­fa­no het ook ver­skeie skop­pe pa­le toe ver­brou. Pun­te­ma­kers: Brum­bies 30: Drieë: Da­vid Po­cock, Ro­ry Ar­nold, Chris­ti­an Le­a­li­i­fa­no, S­cott Far­dy, Ni­gel Ah Wong. Doel­skop: Le­a­li­i­fa­no. Straf­doel: Le­a­li­i­fa­no. Re­bels 22: Drieë: Cam Cra­w­ford, Ree­ce Hod­ge, Se­fa Nai­va­lu. Doel­skop­pe: Jack De­bre­cze­ni (2). Straf­doel: De­bre­cze­ni.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.