SPORT

Beeld - - Sport -

Dit was nie die jips nie, sê Er­nie Els, maar bloot ’n ge­brek aan self­ver­troue. En dis om­dat hy dít be­sef het dat hy se­dert daar­die gek­ke mi­nuut op die Au­gus­ta-gholf­baan se eer­ste set­perk nog nie weer so ’n t­reur­ma­re op die kort gras be­leef het nie.

El­ke tree vo­ren­toe ver­se­ker dat die ses set­houe van 7 A­pril meer en meer in sy ge­heue ver­vaag.

Els het die eer­ste dag van die S­pe­lers­kam­pi­oen­skap in Flo­ri­da Don­der­dag ge­bruik om te wys dat hy sy mo­jo op die set­per­ke or­dent­lik te­rug het, toe hy net 24 keer ge­set het in ’n rond­te van 66 (ses houe min­der as baan­sy­fer).

Die Big Ea­sy het sy toer­nooi be­gin by die TPC Sa­w­grass-baan se tien­de put­jie en was b­lit­sig uit die blok­ke. Oor sy eer­ste se­we put­jies het hy net se­we set­houe no­dig ge­had en het hy die ska­re na hul a­sem laat snak met suk­ses­vol­le po­gings van­af 19 voet (6 me­ter) op die 13de put­jie en 29 voet (10 me­ter) op die 15de.

Boon­op is hy la­ter op die twee­de put­jie met ’n a­rend be­loon vir uit­ste­ken­de ys­ter­spel, met die bal skaars 3 me­ter van die blik­kie ná sy na­der­hou.

Van­self­spre­kend was daar ’n breë glim­lag op sy ge­sig toe hy weg­stap ná sy eer­ste ron­de: sy 66 is sy bes­te ver­to­ning by die Sa­w­grass-baan se­dert ’n 65 in 1996. Aan die ein­de van die dag was hy net drie houe ag­ter die voor­lo­per, Ja­son Day.

“Ek het iets ge­sien en be­sluit ek gaan dit be­gin toe­pas,” het Els aan ESPN ge­sê oor sy nu­we set­be­na­de­ring. “Nou moet ek net deur­druk daar­mee.”

Ná sy laag­te­punt by Au­gus­ta ver­le­de maand het Els aan ver­slag­ge­wers ge­sê hy het die hee­bie-jee­bies, of­te­wel die jips (daar­die kort­slui­ting in die brein wat gholf­spe­lers só ver­lam dat hul­le ruk­ke­ri­ge set­houe slaan, om­dat hul arms nie die se­t­ys­ter wil te­rug­swaai nie). Maar ná vyf we­ke van be­sin daar­oor, sing hy nou ’n an­der deun­tjie.

“Ek het nie die jips nie – dis ’n an­der sto­rie. Ek het gaan lees daar­oor en ek dink nie dis my pro­bleem nie. (Die jips) gaan oor e­mo­sies en angs­tig­heid, dis ’n neu­ro­lo­gie­se ding. My pro­bleem is ’n ge­brek aan self­ver­troue, en dis waar­om dit so be- lang­rik is om die bal in die blik­kie te sien val.”

Els het ge­sê hy be­skou die Au­gus­ta-ge­beu­re as iets waar­van hy so gou as moont­lik wou ver­geet. “Maar dit is wat dit is. Ek het hard ge­werk se­dert­dien en nou voel ek weer baie ge­mak­lik.”

Die Suid-A­fri­ka­ner sê hy was oor­wel­dig deur die bood­skap­pe van on­der­steu­ning, sim­pa­tie en ad­vies ná sy Au­gus­ta-ramp.

“Baie men­se wou my help. (Van) Suid-A­fri­ka, En­ge­land, die he­le wê­reld oor. S­we­de, De­ne­mar­ke. Hon­der­de (men­se),” het hy ge­sê.

Ma­ri­zan­ne Kok

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.