Bus­sie in Beeld­tro­fee­reeks te wen

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

Jo­han­nes­burg. – Die meer as 180 sko­le in van­jaar se reeks om die Vir­se­ker Beeld­tro­fee sal nie net van­jaar om 20 ti­tels op die rug­by­veld mee­ding nie.

Die deel­ne­men­de sko­le staan ook ’n kans om ’n Ford Tour­neo-bus ter waar­de van R660 000 te wen. Acti­on Ford is van­jaar saam met Vir­se­ker en Beeld me­de­bor­ge van die oud­ste sko­le­rug­by­kom­pe­ti­sie in die land.

Van­jaar is die 95ste keer wat die reeks plaas­vind.

Le­sers moet el­ke Maan­dag die Vir­se­ker Beeld­tro­fee-blaaie in Beeld dop­hou om hul kan­se om die kom­pe­ti­sie te wen te ver­be­ter. Die kom­pe­ti­sie skop Maan­dag af.

Daar sal el­ke Maan­dag ’n vraag op die blad wees wat le­sers moet ant­woord om in te skryf vir die kom­pe­ti­sie. Om in te skryf, moet jy jou naam en van, die ant­woord op die vraag en die naam van skool wat jy be­noem na 49017 SMS.

Slegs men­se van 18 jaar en ou­er kan deel­neem.

. Die vol­le­di­ge be­pa­lings en voor­waar­des van die kom­pe­ti­sie is op die web­tuis­te www.vir­se­ker.co.za/acti­on­ford be­skik­baar.

’n Ford­bus­sie soos dié kan van­jaar ge­wen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.