Oud­Bok uit­ge­nooi Bra­si­lië toe

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Dit was hom nou wel nie be­sko­re om Suid-A­fri­ka as ’n sport­man op die O­lim­pie­se S­pe­le te ver­teen­woor­dig nie, maar die ma­nier waar­op die nood­lot daar­voor pro­beer ver­goed, laat C­hes­ter Wil­li­ams baie breed glim­lag.

Die Wê­reld­be­ker-held van 1995 sal vroeg in Ju­lie op ’n vlieg­tuig Suid-A­me­ri­ka toe klim om vir die twee­de keer in sy loop­baan ’n paar treë met die O­lim­pie­se fak­kel te stap.

T­waalf jaar ge­le­de het hy sy oom­blik in die kol­lig hier in Suid-A­fri­ka ge­had ty­dens die fak­kel-af­los wat die A­the­ne­skou­spel voor­af­ge­gaan het. En op 12 Ju­lie in Cu­ri­ti­ba in Bra­si­lië sal hy wéér deel vorm van dié tra­di­sie, wat van­jaar in Rio de Ja­nei­ro sal ein­dig.

“Ek moet vir jou sê dit was vir my baie spe­si­aal om in 2004 in A­fri­ka die O­lim­pie­se fak­kel in my han­de te hou, want jy voel jy ver­teen­woor­dig jou land en dit wat jy in jou le­we ge­doen het, is raak­ge­sien,” sê Wil­li­ams gis­ter.

“Maar om dit nou vir ’n twee­de keer te kan doen, is selfs meer spe­si­aal. Ek dink baie sport­men­se droom daar­van om by ’n O­lim­pie­se S­pe­le deel te neem, en as ek in my le­we daar­die kans ge­kry het, sou ek dit met al­bei han­de aan­ge­gryp het. Dit was my nie be­sko­re nie, maar hier­die voor­reg ver­goed daar­voor, want ek kan dit ook doen as ’n trot­se Suid-A­fri­ka­ner.”

Wil­li­ams sê sy naam is aan die or­ga­ni­seer­ders van die fak­kel-af­los voor­ge­lê deur ’n maat­skap­py in Bra­si­lië waar­voor hy ver­le­de jaar ge­werk het.

“Dis ni­ce, dit voel soos er­ken­ning vir wat ek in my rug­by­loop­baan vir die land ge­doen het,” sê die oud-Bok.

Hy sal nie vir die S­pe­le self bly nie, sê Wil­li­ams, om­dat hy in daar­die tyd aan­dag aan sy stu­dies moet gee. Die oud- S­pring­bok het be­gin met ’n graad in sport­we­ten­skap­pe toe hy aan die be­gin van die de­ka­de in Roe­me­nië gaan af­rig het.

“Ek het nog t­wee vak­ke om te vol­tooi en ek skryf daar­die ek­sa­mens ter­wyl die S­pe­le aan die gang is,” het hy ge­sê.

Sport, en spe­si­fiek rug­by, sal ho­pe­lik al­tyd die voer­tuig wees waar­mee hy kos op die ta­fel kry, sê die 1995-held. Hy is tans die af­rig­ter van die U­ni­ver­si­teit van die Wes-Kaap se eer­ste s­pan, wat ver­le­de maand in die eind­stryd van die Var­si­tyskild­kom­pe­ti­sie ge­speel het.

Ook op sy kerf­stok is die t­wee jaar wat hy die na­si­o­na­le se­wes­span af­ge­rig het, en ge­brei het tot brons by die S­ta­te­bond­spe­le van 2002.

Wan­neer die B­lits­bok­ke in Au­gus­tus in Rio op­daag vir hul O­lim­pie­se de­buut sal dit wees as heer­sen­de S­ta­te­bond-kam­pi­oen – en Wil­li­ams glo vas hul­le kan

Fo­to: WILLIAM MCINTOSH

C­hes­ter Wil­li­ams sal in Ju­lie in Cu­ri­ti­ba in Bra­si­lië vir die twee­de keer in sy loop­baan die O­lim­pie­se fak­kel dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.