Kings ver­wag groot lyn­staan­stryd

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – ’n Lyn­staan­stryd soos min kan van­dag in Bloem­fon­tein woed waar die Sout­hern Kings en die C­hee­tahs me­kaar in ’n Su­per­rug­by-wed­stryd pak.

Die Kings se taak word boon­op moei­li­ker ge­maak om­dat hul­le son­der hul ge­reel­de kap­tein en bre­kerslot, S­te­ven Sy­kes, sal wees.

Sy­kes suk­kel met ’n skou­er­be­se­ring en S­chalk Oe­lof­se – da­rem self nie ’n lam­me­tjie nie – sal in sy plek speel.

Vir ’n on­er­va­re s­pan soos die Kings is die ver­lies van ie­mand soos Sy­kes eg­ter ’n reu­se-slag.

“Dis won­der­lik om saam met hom te speel. Ek leer so­veel by hom. Ek meen, hy het al in iets soos 90 Su­per­rug­by-wed­stry­de ge­speel toe ek hier­die sei­soen my de­buut in die reeks ge­maak het,” het JC Ast­le ge­sê.

Die 25-ja­ri­ge Ast­le, wat in Qu­een­stown ge­bo­re is, is die slot wat die Kings se lyn­staan­te­kens roep.

“Dis nie net in die lyn­sta­ne nie, maar ook in die vas­te skrums waar ons hom sal mis,” het Ast­le oor Sy­kes ge­sê. “Hy is ’n groot ou en bring baie mo­men­tum na die skrums.”

Vir die C­hee­tahs se lyn­staan is Ast­le lug­tig.

“Hul­le het Lood (de Ja­ger) op vier en hy speel vyf vir die Bok­ke. Ek dink hy sal wil wys hy is die man vir die nr. 4-trui en dan het hul­le vir (Fran­cois) Uys op 5,” het Ast­le ge­sê.

“Hul­le het baie goeie lyn­staan-keu­ses. Ook wat hul los­voor­spe­lers be­tref. Dis be­slis ’n s­pan met top-lyn­staan­spe­lers.”

Die los­voor­spe­ler wat ’n fak­tor in die lyn­sta­ne kan wees waar­na Ast­le ver­wys, is die S­pring­bok Ou­pa Mo­ho­je. Met Ai­don Da­vis wat die kor­ter CJ Vel­le­man (wat be­seer is) as agt­ste­man ver­vang, het die Kings wel nou ook ’n rap­sie meer leng­te in die lyn­sta­ne.

Die Kings het van­dees­week ook aan­dag ge­gee aan die ma­nier hoe hul­le dryf­spel uit die lyn­sta­ne stuit.

“Ons het die sei­soen goed be­gin daar­mee, maar het se­dert­dien mo­men­tum ver­loor,” het Ast­le ge­sê.

“Ek sal nie ver­baas wees as die C­hee­tahs ons pro­beer dryf nie en ho­pe­lik is ons reg daar­voor.”

) Daar was gis­ter t­wee laat ver­an­de­rin­ge aan die Kings se s­pan.

Die los­kop­stut Sti Sit­ho­le en plaas­ver­van­ger­stut Jus­tin Ac­ker­man is be­seer.

Li­am Hen­dricks is nou in die be­gin­span en Lou­is Al­bert­se op die plaas­ver­van­gers­bank.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die stem in die bos: Kings­slot JC Ast­le ver­wag van­dag in die Baai ’n groot aan­slag van die C­hee­tahs in die lyn­sta­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.