Bok­kies klop Leeus en kan nóg be­ter

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

Jo­han­nes­burg. – Daar is ge­noeg re­de vir Da­wie T­heron om te glim­lag, maar daar lê nog baie werk voor vir die Jong Bok­kies as hul­le aan­spraak­ma­kers in van­jaar se o.20-Wê­reld­kam­pi­oen­skap wil wees.

Die Jong Bok­kies het Vry­dag tien drieë in hul oe­fen­wed­stryd by die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand teen ’n ge­meng­de s­pan van die Goue Leeus se o.19en o.20-s­pan in­ge­ryg.

Die s­pan, wat deur T­heron af­ge­rig word, het min­stens nóg vyf kan­se om drieë te druk deur hul vin­gers laat glip.

Die Jong Bok­kies het uit­ein­de­lik ge­mak­lik met 60-19 as oor­win­naars van die veld ge­stap.

Die Wê­reld­kam­pi­oen­skap vind vol­gen­de maand in Man­ches­ter, En­ge­land, plaas.

Die Bok­kies se haas­ti­ge vleu­el en van­jaar se Var­si­ty­be­kerS­pe­ler van die Jaar, Mo­sol­wa Ma­fu­ma, het ge­wys dat hy nie te veel ruim­te ge­gun kan word nie. Ma­fu­ma het vier keer in die wed­stryd die doel­lyn oor­ge­steek.

Ma­fu­ma en sy vleu­el­maat, S’bu­si­so N­ko­si, kan teen e­ni­ge s­pan ska­de aan­rig as hul­le ge­noeg ge­hal­te be­sit kry.

Die skrum­ska­kel van die Ho­ër­skool Gars­fon­tein, Em­bro­se Pa­pier, het ge­wys dat daar nie ’n nr. 9 in Suid-A­fri­ka op o.20vlak is wat oor die­self­de aan­val­len­de ver­moë as hy be­skik nie. Hy sal wel nog aan­dag aan sy tak­tie­se skop­werk moet gee.

Hy is rus­tyd deur Mar­ko Jan­se van Vu­ren ver­vang wat self ’n goeie diens van ag­ter die oond ge­le­wer het.

“Ons kan nie te op­ge­won­de oor die se­ge raak nie.

“Daar is heel­wat fou­te, maar ons kan dit reg­stel en daar lê ge­wis nog werk vir ons as s­pan voor.

“Ons moet be­ter na ons be­sit kyk, maar ek dink dit is dalk ’n bie­tjie oor­gre­tig­heid.

“Ek is wel baie te­vre­de oor ons skrum­werk, as­ook die dryf­werk van die lyn­sta­ne af,” het T­heron ge­sê.

Die Jong Bok­kies se lyn­sta­ne het ook goed ge­lyk in die eer­ste helf­te, maar die Leeus het in die twee­de helf­te ’n he­le paar keer daar­in ge­slaag om be­sit hier te steel, ter­wyl daar ook ’n paar in­gooie nie op ’n tie­kie was nie.

“El­ke jaar is daar ’n nu­we groep met nu­we ka­rak­ter waar­mee ons werk.

“Ek sou sê van­jaar se groep het nog­al baie e­ner­gie. Ons wil nie dié e­ner­gie en on­der­ne­mings­gees, wat na­tuur­lik vir die s­pan kom, on­der­druk nie, maar op die wê­reld­kam­pi­oen­skap gaan ons toets­rug­by speel.

“Die s­pan het die ver­moë om ruim­te vir die vleu­els te s­kep en ons sal dit ook tot ons voor­deel ge­bruik,” het T­heron ge­sê.

Die Jong Bok­kies se los­kop­stut in die eer­ste helf­te, K­wen­zo B­lo­se, het slegs vyf maan­de ge­le­de eers na die voor­ry ge­skuif. Hy het ver­le­de jaar nog op die A­ka­de­mie-week vir K­waZu­luNa­tal op slot ge­sak.

Die werk wat S­te­phan Ja­cobs by die Ko­v­sies se Young Guns in B­lo­se se skuif in­ge­sit het, ver­dien ver­mel­ding.

Fo­to: FRANS LOMBARD

Em­bro­se Pa­pier was soos ge­woon­lik ge­vaar­lik op die aan­val en het ’n he­le paar keer die Goue Leeus se jeug­span na lug laat gryp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.