Die her­le­wing van die Bul­le is vol be­lof­te en Nol­lis Ma­rais­hul­le ver­dien ’n klop op die skou­er vir die om­me­keer wat be­werk­stel­lig is. Is die Bul­le al van­jaar aan­spraak­ma­kers of bloot ’n s­pan vir die toe­koms, vra voor die stryd teen die Wa­ra­tahs.

Co­bus Claas­sen

Beeld - - Sport -

Die Bul­le sal ná die ne­der­laag teen die Brum­bies gees­te­lik sterk moet wees om hul­le toer in Oz met ’n se­ge oor 2014 se kam­pi­oen­span af te sluit.

Kry die be­soe­kers dit reg om met die Wa­ra­tahs af te re­ken, sal die Bul­le met ’n goeie skoot self­ver­troue by die huis aan­kom voor vol­gen­de Sa­ter­dag se gro­te teen die S­tor­mers.

Daar is heel­wat groen­tjies in die Bul­le se ge­le­de­re, maar dit is niks meer as ’n ge­rief­li­ke ver­sko­ning nie. Die voor­spel­ling dat ’n wed­stryd voor ge­wen of ver­loor sal word, is al ’n deur­ge­trap­te cli­ché.

Maar dit is pre­sies wat van­dag in die Al­li­anz-sta­di­on in Syd­ney sal ge­beur.

Die Brum­bies het ver­le­de week te veel plan­ne en ver­nuf in die pak ge­had en die Bul­le was daar­om nooit reg­tig in die prent­jie nie.

’n Ma­kro-agt­tal wat we­mel van die Wal­la­bies wag van­dag op A­dri­aan S­trauss en sy mak­kers.

Han­ro Lie­ben­berg, Jan­nes Kir­sten, RG Sny­man en Ja­son Jen­kins is al­mal seuns op dié vlak, maar moe­nie ver­ras wees as van hul­le on­der die uit­blin­kers tel nie. Met die Su­per­rug­by-reeks in die pyl­vak, be­hoort die mees­te af­rig ters ’n goeie prent­jie te hê van wie die bes­te kan­di­da­te in el­ke po­si­sie is. Nie Ma­rais nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.