Leeus moet te­rug­hap

Het hul­le siel­kun­di­ge knou?

Beeld - - Sport - O­han­nes­burg. – Hoe rou is die Leeus se won­de nog ná die ne­der­laag teen die Hur­ri­ca­nes? Daar is die ge­seg­de dat as ’n perd jou af­ge­gooi het, is die bes­te me­di­sy­ne om so gou moont­lik weer te­rug te kom in die saal. Van­aand moet die Leeus te­rug in die saal ko

Jo­han­nes­burg. – Hoe rou is die Leeus se won­de nog ná die ne­der­laag teen die Hur­ri­ca­nes? Daar is die ge­seg­de dat as ’n perd jou af­ge­gooi het, is die bes­te me­di­sy­ne om so gou moont­lik weer te­rug te kom in die saal.

Van­aand moet die Leeus te­rug in die saal kom na­dat die Hur­ri­ca­nes hul­le soos ’n vrot vel deur die lug laat trek het in hul vo­ri­ge wed­ stryd.

Hul groot­ste uit­da­ging sal siel­kun­dig, eer­der as fi­siek, wees.

Hier­die Leeus kán speel en is ’n be­dre­we s­pan. Hul­le het al die skiet­goed om die Blu­es tot oor­ga­we te dwing.

Hul­le moet net weer so gou moont­lik die rit­me vind waar­mee hul­le vloei­en­de rug­by ge­speel het voor die spoed­hob­bel teen die ’Ca­nes ge­tref is.

Jo­han Ac­ker­mann en sy spe­lers be­sef maar al te goed hul­le kan nie weer gly nie. Die ne­der­laag van 17­50 teen die s­pan van Wel­ling­ton het hul­le seer ge­maak en daar­mee het hul­le die buf­fer van vyf pun­te waar­mee hul­le voor­ge­loop het, prys­ge­gee.

Nou voel hul­le die a­sem van die Haaie in hul nek­ke en dit moet hul­le on­ge­mak­lik stem.

Die be­lang­rik­ste sal wees om som­mer van­aand al gou self­ver­troue te kry. Dit kan ge­doen word deur vroeg­vroeg een van hul han­dels­merk­drieë oor ’n lang af­stand te druk.

Dit sal ook be­lang­rik wees om by die af­breek­pun­te, waar die ’Ca­nes hul­le swaar ge­straf het, hul stem­pel af te druk.

Die Blu­es is soos die Hur­ri­ca­nes ’n baie fi­sie­ke s­pan en hul­le sal die­self­de blou­druk wil ge­bruik om die Leeus tot oor­ga­we te dwing.

Die Leeus moet be­sef hul­le kan die Nieu­See­lan­ders nie toe­laat om vroeg neus voor te kry nie. Want dan sal nie net hul self­ver­troue styg nie, maar al­ler­lei vreem­de die­ra­sies in die Leeus se kop­pe in­klim wat hul­le in hul­self kan laat twy­fel. Daar­om is dit no­dig om van­af die af­skop mee­do­ën­loos en kli­nies te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.