Om in die win­ter te ver­huis, is boon­op goed­ko­per, want dit is ’n stil tyd­perk vir ver­hui­sings­maat­skap­pye.

Beeld - - Huisgids - Vir meer in­lig­ting kon­tak Chris­ti­ne Ap­pel by 021 976 1011 of be­soek www.re­alnet.co.za

nie in die spits­sei­soen ver­koop nie, en daar is dalk druk om die ver­koop te fi­na­li­seer. As dit die ge­val is, is dit raad­saam om uit te vind hoe lank die ei­en­dom in die mark was en hoe­kom die ei­e­naar ver­koop voor­dat jy ’n aan­bod maak.

“T­wee­dens be­sef die mees­te ver­ko­pers dat ie­mand wat be­reid is om sleg­te weer te trot­seer om na hul huis te kom kyk, waar­skyn­lik erns­tig is oor die saak en dat e­ni­ge aan­bod wat daar­uit voort­spruit die moei­te werd sal wees.”

Ap­pel voeg by dat tyd vir ’n ver­ko­per geld is.

“Ie­mand wat be­sluit om in die win­ter te ver­koop, om wat­ter re­de ook al, wil nie die pro­ses lan­ger as wat e­nig­sins no­dig is laat sloer of aan­hou om die ver­wan­te kos­te te be­taal nie,” sê sy.

Nog voor­de­le van huis soek in die win­ter is dat jy eien­dom­me in “ek­stre­me” toe­stan­de sien. Jy kan ag­ter­kom of i­so­leer­ma­te­ri­aal en e­lek­trie­se stel­sels be­hoor­lik werk, en in win­ter­re­ën­val­stre­ke of die dak lek.

“En selfs al is die ei­en­dom nie be­son­der aan­trek­lik nie, kan ’n huis wat ’n bie­tjie her­stel­werk no­dig het jou nog meer ge­leent­heid bied om ’n la­er prys te be- ding,” ver­dui­de­lik Ap­pel.

“In win­ter­re­ën­val­stre­ke sal jy boon­op die pro­bleem ver­my waar­deur so­mer­ko­pers dik­wels in die ge­sig ge­staar word: dak­ke wat be­gin lek wan­neer die re­ën be­gin, maan­de na­dat die ver­koop­tran­sak­sie ge­fi­na­li­seer is.

“Om in die win­ter te ver­huis, is boon­op goed­ko­per, want dit is ’n stil tyd­perk vir ver­hui­sings­maat­skap­pye en hul­le is meer ge­neig om af­slag te gee.”

Daar sal waar­skyn­lik ook meer buig­saam­heid ten op­sig­te van trek­da­tums wees.

Ap­pel wys ver­der daar­op dat dit die moei­te werd is om in ge- dag­te te hou dat ren­te­koer­se steeds styg en dat die moont­lik­heid be­staan dat dit teen vol­gen­de so­mer heel­wat ho­ër gaan wees.

“Die ban­ke ver­skerp ook toe­ne­mend hul le­nings­kri­te­ria. Om hier­die win­ter te koop, pleks daar­van om vir die so­mer te wag, kan dus vir baie men­se die ver­skil be­te­ken tus­sen in staat wees om van­jaar vir ’n huis­le­ning te kwa­li­fi­seer of om te wag en hul droom van huis­ei­e­naar­skap prys te gee.” )

Re­alNet ver­koop dié huis met vier slaap­ka­mers en drie bad­ka­mers in die Wel­ge­von­den­land­goed vir R6,995 mil­joen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.