BUL­LE OF NULLE?

Beeld - - Sport -

Baie op die spel in Syd­ney vir Lof­tus se trots

Die toets­reeks teen die Ie­re kom vin­nig na­der en dit is nou die i­de­a­le tyd vir spe­lers met Bok-as­pi­ra­sies om in­druk te maak.

Die wed­y­we­ring in die mid­del­veld tus­sen Jan Ser­fon­tein en Jes­se K­riel teen Is­rael Fo­lau en Kurt­ley Be­a­le sal ’n goeie maat­staf vir Al­lis­ter Coet­zee wees.

Met an­der bui­te­sen­ters soos Li­o­nel Ma­poe en Ju­an de Jongh op dreef, sal K­riel meer moet doen om steeds as die bes­te nr. 13 in die land ge­ag te word.

Ser­fon­tein en K­riel sal hul keer moet ken teen Fo­lau-hul­le. Die Bul­le-brein­trust sou ken­nis ge­neem het van die C­hee­tahs se spel in die twee­de helf­te teen die Wa­ra­tahs ver­le­de na­week.

Die S­pring­bok Lood de Ja­ger en ’n paar an­der staat­ma­kers is ná rus­tyd in Syd­ney ont­plooi en die tuis­span kon in die twee­de helf­te net drie pun­te tot sy tel­ling voeg.

Ma­rais-hul­le sal hoop dat T­re­vor Ny­a­ka­ne, wat op die bank sit, en die bal­jag­ter Roe­lof Smit ’n soort­ge­ly­ke im­pak sal maak in die laas­te 20 mi­nu­te.

Beeld

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.