Lam­bie het van­aand ’ n groot rol

Moei­li­ke taak wag op Haaie

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Sal die Haaie ge­noeg stoom hê om die Ja­gua­res van­aand on­der te kry in hul Su­per­wed­stryd in Bu­e­nos Ai­res?

Ná die lang vlug Suid- A­me­ri­ka toe, ter­wyl hul­le om­trent nog be­sig was om te her­stel ná die toer in Nieu- See­land, is die vraag te­reg of die Haaie nog byt gaan hê om die om­ge­krap­te tuis­span op sy kop te keer.

Die e­ner­gie wat op­ge­bou is deur die Hur­ri­ca­nes so oor­tui­gend in Dur­ban te klop, sal dalk nie ge­noeg wees om die knoop daar in die vreem­de te help deur­hak nie.

Ter­wyl die Haaie die my­le in die lug op­ge­sta­pel het, het die Ja­gua­res die af­ge­lo­pe na­week ’ n rus­kans ge­had. Hul­le is uit­ge­rus en oor­ge­haal vir die Dur­ba­nie­te.

Daar­om kan dit be­lang­rik wees om ’ n vars Pat Lam­bie in die be­gin­span te hê. Sy lei­er­skap en ook be­sluit­ne­ming op los­ska­kel kan van groot waar­de wees en as in­spui­ting dien om die Haaie woe­ma te gee.

Hier­die is die eer­ste wed­stryd wat hy van­jaar be­gin in die Su­per- reeks ná sy be­se­ring en hy sal oor­ge­haal wees om sy stem­pel af te druk.

Die Haaie het eint­lik slim ge­kies deur ver­skeie vars spe­lers in te s­pan wat nie al half voos ge­speel is nie.

Je­an Dey­sel, Gi­ant M­ty­an­da, Kee­gan Da­niel, Od­wa N­dun­ga­ne en Lam­bie is nie oor­speel nie en is al­mal gre­tig om be­trok­ke te raak en te wys waar­toe hul­le in staat is.

Teen die Ar­gen­ty­ne sal dit juis no­dig wees dat daar ’ n bie­tjie vuur ge­maak word voor­langs. Die Haaie se rots­vas­te ver­de­di­ging moet ook weer deel van die pak­ket wees.

Dit is die eer­ste keer dat hul­le as s­pan in Bu­e­nos Ai­res speel en hoe­wel daar van hul­le is wat al daar saam met die S­pring­bok­ke ge­toer het, sal dit vir mees­te ’ n nu­we on­der­vin­ding wees.

Om ’ n aan­spraak­ma­ker op die ti­tel en die uit­speel­stry­de te wees, moet die Haaie wed­stry­de soos hier­die wen.

Hak hul­le die knoop in dié een deur, kan hul­le op die hoof­weg na die uit­speel­ron­des wees.

Fo­to: GALLO IMAGES

Pat Lam­bie draf teen die Ja­gua­res die eer­ste keer in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks in die Haaie se be­gin­span op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.