S­car­ra kan kleim af­steek

Beeld - - Sport - Stephen Nell

Kaap­stad. – Ten­sy die Spring-bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, waar­de daar­in sien om ’ n 32- ja­ri­ge Bis­marck du P­les­sis uit Frank­ryk te be­trek, sal ’ n nu­we toets­ha­ker in aan­staan­de maand se reeks teen Ier­land uit­draf.

Ge­ge­we sy er­va­ring op die hoog­ste vlak be­hoort die Bul­le­ve­te­raan A­dri­aan S­trauss in die bin­ne­baan te wees.

Daar­na is dit waar­skyn­lik ’ n stryd tus­sen man­ne soos Mal­colm Marx ( Leeus), Ed­gar Ma­rut­lul­le ( Sout­hern Kings), Bon­gi M­bo­nam­bi en S­car­ra N­tu­be­ni ( al­bei S­tor­mers) om die plek op die plaas­ver­van­gers­bank.

N­tu­be­ni kry van­dag ’ n beurt om sy stem dik te maak wan­neer hy as die S­tor­mers se ha­ker op­draf in hul Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Sun­wol­ves in Sin­ga­poer se Na­si­o­na­le Sta­di­on.

“S­car­ra het die laas­te tyd weens be­se­rings nie veel speel­kans ge­kry nie. Nou­dat hy ten vol­le van sy kuit- en dy­spier­be­se­rings her­stel het, het ons die ver­ant­woor­de­lik­heid om S­car­ra wed­stryd­fiks en op sy bes­te te kry. Dis nie ge­noeg om vir hom 20 mi­nu­te van die plaas­ver­van­gers­bank te laat speel nie. Ons wil hom so­veel speel­kans moont­lik gee,” het die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, van­dees­week ge­sê.

N­tu­be­ni was op 8 A­pril teen die Sun­wol­ves op Nu­we­land laas in die S­tor­mers se be­gin­span. Hy was be­seer vir die wed­stry­de daar­na teen die Leeus en die Reds voor­dat hy in die krag­me­ting met die Wa­ra­tahs van die bank vir 20 mi­nu­te tot die ak­sie te­rug­ge­keer het. Hy het is waar­skyn­lik nie naas­ten­by wed­stryd­fiks nie.

Nie­te­min is daar hier­na da­rem nog wed­stry­de teen die Bul­le en die C­hee­tahs oor voor­dat Coet­zee sy Bok- groep vir die reeks teen Ier­land be­kend maak.

Ak­ku­ra­te in­gooi­werk by die lyn­sta­ne word al­tyd hoog op prys ge­stel en dít tel on­der N­tu­be­ni se sterk­pun­te.

Sun­wol­ves: Ri­aan Vil­joen, A­ki­hi­to Ya­ma­da, De­rek Car­pen­ter, Ha­ru­mi­chi Ta­te­ka­wa ( k), John S­tewart, Tu­si Pi­si, At­sus­hi Hi­wa­sa, Ed Quirk, Andrew Du­ru­ta­lo, Li­a­ki Mo­li, Faat­i­ga Le­ma­lu, Ti­mothy Bond, S­hin­no­su­ke Ka­kin­a­ga, Ta­kes­hi Ki­zu, Ma­sa­ta­ka Mi­ka­mi. PLAASVERVANGERS: S­hota Ho­rie, Ji­won Koo, Ta­ku­ma A­sa­ha­ra, Yos­hiya Ho­so­da, Tai­yo An­do, Yu­ki Ya­to­mi,

Yu Ta­mu­ra, Mi­fi­po­se­ti Pa­ea.

S­tor­mers: C­heslin Kol­be, John­ny Kot­ze, Ju­an de Jongh ( m/ k), Da­mi­an de Al­len­de, Ko­bus van Wyk, Je­anLuc du P­les­sis, Lou­is S­chreu­der, Ni­zaam Carr, Siya Ko­li­si, Ryn­hardt El­stadt, Pie­terS­te­ph du Toit, JD S­chic­ker­ling, Frans Mal­her­be, S­car­ra N­tu­be­ni, JC Jan­se van Rens­burg. PLAASVERVANGERS: Bon­gi M­bo­nam­bi, Oli Keb­ble, Vin­cent Koch, Sik­hum­bu­zo Nots­he, S­chalk Bur­ger, Nic Groom, Brandon T­hom­son, Huw Jo­nes..

S­keids­reg­ter: Paul Wil­li­ams ( Ni­euSee­land). As­sis­tent­skeids­reg­ters: Mi­ke Fra­ser ( Ni­euSee­land) en S­hu­hei Ku­bo ( Ja­pan). TV­skeids­reg­ter: Ta­kashi Ha­re­da ( Ja­pan).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.