Hier­oor gaan die on­der­soek

Beeld - - Front Page -

Pra­vin Gord­han, T­re­vor Ma­nu­el (voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies), en adv. Ger­rie Nel (NVG­aan­kla­er) word on­der­soek oor hul be­trok­ken­heid by die pro­jek Sun­day E­ve­nings.

Na­thi Nhle­ko wil ook I­van Pil­lay (voor­ma­li­ge SAID­ad­junk­hoof), Jo­hann van Log­ge­ren­berg (voor­ma­li­ge SAID­on­der­soek­hoof), Andrew Le­ask (NVG­on­der­soe­ker en Nel se reg­ter­hand), C­harl Fou­rie (voor­ma­li­ge SAID­on­der­soe­ker wat al ja­re in die bui­te­land werk) en die ge­skors­te SAID­on­der­soe­kers Jo­han de Waal en Hel­gaard Lom­bard ver­volg.

Die Val­ke het in Fe­bru­a­rie 27 vrae aan Gord­han ge­stuur oor Pro­ject Sun­day E­ve­nings, ’n pro­jek waar­in die SAID na be­we­ring op die NVG ge­spi­oe­neer het.

Bron­ne be­trok­ke by die pro­jek gee te ken­ne dat dit ’n ge­re­gis­treer­de in­tel­li­gen­sie­pro­jek was en daar­om wet­tig is. Nhle­ko, die Val­ke en die hui­di­ge SAID­be­stuur is oor­tuig daar­van dat dit straf­reg­te­li­ke mis­da­de be­hels.

Die waar­heid sal in ’n hof be­wys moet word.

Ver­skeie bron­ne het ge­sê dié ver­vol­gings word al die af­ge­lo­pe maand be­spreek en “word ver­wag”.

Die eer­ste te­kens was toe die NVG De Waal en Lom­bard ge­vra het om staats­ge­tui­es te word teen Gord­han, Ma­nu­el, Pil­lay, Van Log­ge­ren­berg en Nel.

Pil­lay sê in ’n ver­kla­ring daar is geen gron­de vir ver­vol­ging nie en dat hy ge­reed is om hom­self in die hof te ver­de­dig.

“Dit is dui­de­lik die­ge­ne wat die ver­vol­ging na­jaag, het net een doel voor oë: om die­ge­ne wat in hul pad is te ver­wy­der en te straf. Die po­li­tie­ke en e­ko­no­mie­se ge­vol­ge van hul op­tre­de op ons land traak hul­le nie in die min­ste nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.